Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Bedank Jehovah se Getuies vir godsdiensvryheid’

‘Bedank Jehovah se Getuies vir godsdiensvryheid’

‘Bedank Jehovah se Getuies vir godsdiensvryheid’

“VOORDAT jy die deur in een van Jehovah se Getuies se gesig toemaak”, sê ’n artikel in die koerant USA Today, “dink ’n oomblik na oor die verskriklike vervolging wat hulle kort gelede verduur het, sowel as die groot bydrae wat hulle gelewer het tot die vryhede van die Eerste Wysiging wat ons almal geniet.” Jehovah se Getuies is regdeur die 1940’s in die Verenigde State vervolg omdat hulle, onder meer, geweier het om die vlag te salueer.—Exodus 20:4, 5.

Sowat 30 hofsake waarby Jehovah se Getuies betrokke was, het oor die tydperk van vyf jaar tussen 1938 en 1943 in die Amerikaanse Hooggeregshof voorgekom. Die artikel sê: “Die Getuies het so gereeld vername kwessies rakende die Eerste Wysiging geopper dat regter Harlan Fiske Stone geskryf het: ‘Jehovah se Getuies behoort ’n vergoeding te ontvang vir hulle hulp om regsprobleme oor burgerlike vryhede op te los.’”

Na aan die einde van die artikel sê dit dus: “Alle godsdienste behoort Jehovah se Getuies te bedank vir die uitbreiding van [godsdiens]vryheid.”

[Foto-erkennings op bladsy 32]

Agtergrond, gebou: Photo by Josh Mathes, Collection of the Supreme Court of the United States; links onder, regters: Collection of the Supreme Court of the United States