Wie se standaarde kan jy vertrou?
Wie se standaarde kan jy vertrou?
Iemand wat Afrika die eerste keer besoek het, was gefassineer toe hy ’n man sien wat penorent langs die pad staan. Hy het gesien dat die man elke paar minute met sy voete skuifel en net effens verder beweeg, terwyl hy nog steeds regop gestaan het. Die besoeker het eers later besef waarom die man so beweeg het. Hy het probeer om in die skaduwee van ’n telegraafpaal te bly. Die skaduwee het stadig verskuif namate die middagson verder beweeg het.
SOOS daardie skaduwee wat deur die son gegooi is, verander menseaangeleenthede en -standaarde voortdurend. In teenstelling hiermee is Jehovah God, “die Vader van die hemelse ligte”, onveranderlik. “By hom”, het die dissipel Jakobus geskryf, “is daar geen verandering van die draaiing van die skaduwee nie” (Jakobus 1:17). Die Hebreeuse profeet Maleagi het God se eie verklaring neergeskryf: “Ek, die HERE, het nie verander nie” (Maleagi 3:6). In die dae van Jesaja het God aan die nasie Israel gesê: “Selfs tot die ouderdom toe is ek dieselfde; en tot die grysheid toe sal ek julle bly steun. Ek sal gewis optree” (Jesaja 46:4, NW). Die verloop van tyd verander derhalwe nie die vertroue wat ons in die Almagtige se beloftes kan hê nie.
’n Les uit die Wet
Net soos in die geval van Jehovah se beloftes, is sy standaarde van reg en verkeerd ook betroubaar en onveranderlik. ERE ’n gruwel, maar in ’n volle gewig het Hy behae” (Spreuke 11:1; 20:10). In die Wet wat Jehovah die Israeliete gegee het, het hy hierdie gebod ingesluit: “Julle mag geen onreg doen in die gereg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie. Julle moet ’n regte weegskaal hê, regte weegstene, ’n regte efa en ’n regte hin. Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.”—Levitikus 19:35, 36.
Sou jy ’n handelaar vertrou wat twee stelle gewigte gebruik, waarvan net een akkuraat is? Beslis nie. Net so ook is “’n valse weegskaal . . . vir die HToe die Israeliete daardie gebod gehoorsaam het, het hulle God se guns sowel as baie materiële voordele geniet. Net so het die handhawing van Jehovah se onveranderlike standaarde, nie net wat mate en gewigte betref nie maar op alle lewensterreine, seëninge tot gevolg vir die aanbidder wat op hom vertrou. God sê: “Ek, Jehovah, is jou God, die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel, die Een wat jou laat loop op die weg wat jy moet bewandel.”—Jesaja 48:17, NW.
Waarom vandag die agteruitgang in standaarde?
Die Bybel gee die rede waarom standaarde vandag agteruitgaan. Die laaste boek van die Bybel, Openbaring, beskryf ’n oorlog in die hemel wat ’n uitwerking gehad het op alle mense tot vandag toe. Die apostel Johannes het geskryf: “Oorlog het in die hemel uitgebreek: Migael en sy engele het teen die draak geveg, en die draak en sy engele het geveg, maar hy het nie geseëvier nie, en ook is daar nie langer vir hulle ’n plek in die hemel gevind nie. Toe is die groot draak neergeslinger, die oorspronklike slang, die een wat Duiwel en Satan genoem word, wat die hele bewoonde aarde mislei; hy is na die aarde neergeslinger, en sy engele is saam met hom neergeslinger.”—Openbaring 12:7-9.
Wat was die onmiddellike gevolg van daardie oorlog? Johannes het voorts gesê: “Wees om dié rede bly, o hemele en julle wat daarin woon! Wee die aarde en die see, want die Duiwel het na julle toe neergedaal en het groot toorn, omdat hy weet dat hy ’n kort tydperk het.”—Openbaring 12:12.
“Wee [vir] die aarde” het gekom toe die Eerste Wêreldoorlog in 1914 uitgebreek het en ’n einde gemaak het aan ’n tydperk toe standaarde baie anders was as dié van vandag. “Die Groot Oorlog van 1914-18 lê soos ’n strook verskroeide aarde wat daardie tyd van ons s’n skei”, sê die geskiedskrywer Barbara Tuchman. “Deur soveel lewens te eis wat gedurende die daaropvolgende jare produktief sou gewees het, deur oortuigings te vernietig, idees te verander en ongeneeslike wonde van ontnugtering te laat, is ’n fisiese sowel as sielkundige kloof tussen twee tydperke geskep.” ’n Ander geskiedskrywer Eric Hobsbawm stem saam: “Daar was, sedert 1914, ’n duidelike agteruitgang in die standaarde wat toe as normaal beskou is in die ontwikkelde lande . . . Dit is moeilik om te besef tot watter mate daar ongelukkig
al hoe vinniger teruggekeer word na wat ons negentiende-eeuse voorouers die standaarde van barbaarsheid sou genoem het.”Die skrywer Jonathan Glover sê in sy boek Humanity—A Moral History of the Twentieth Century: “Een kenmerk van ons tyd is dat die sedewet besig is om te verdwyn.” Hoewel hy skepties is oor ’n sedewet van ’n eksterne bron omdat godsdiens in die Westerse wêreld op die agtergrond geskuif word, waarsku hy: “Dié van ons wat nie aan ’n godsdienstige sedewet glo nie, moet nog steeds bekommerd wees oor die feit dat dit verdwyn.”
Die hedendaagse skending van vertroue—hetsy in die handel, politiek of godsdiens of selfs in persoonlike en gesinsverhoudings—asook die verskriklike gevolge daarvan, is ’n deel van die Duiwel se bose plan om wee oor die aarde se bewoners te bring. Satan is daarop uit om sy stryd tot die einde toe te voer en om almal wat volgens God se standaarde probeer lewe, saam met hom te laat vernietig.—Openbaring 12:17.
Is daar ’n uitweg, ’n oplossing vir die grootskaalse skending van vertroue? Die apostel Petrus antwoord: “Daar is nuwe hemele en ’n nuwe aarde wat ons volgens [God se] belofte verwag, en in hulle sal regverdigheid woon” (2 Petrus 3:13). Ons kan hierdie belofte vertrou omdat God nie net die mag het om sy voorneme te volbring nie, maar hy waarborg ook die vervulling daarvan. Jehovah sê van enige ‘woord wat uit sy mond uitgaan’: “Dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.” Beslis ’n betroubare belofte!—Jesaja 55:11; Openbaring 21:4, 5.
Lewe volgens God se standaarde
In ’n wêreld van wisselende en verslegtende standaarde probeer Jehovah se Getuies volgens die gedragstandaarde in die Bybel lewe. Gevolglik is hulle anders as die meeste mense, iets wat dikwels deur ander raakgesien—en ook bespot—word.
By ’n byeenkoms van Jehovah se Getuies in Londen het ’n TV-verslaggewer ’n woordvoerder gevra of Jehovah se Getuies werklik Christene is. Hy het geantwoord: “Ja, baie beslis, want Jesus is ons voorbeeld. Daar is soveel selfsug in die wêreld, en ons vestig die aandag op Jesus Christus as die weg, die waarheid en die lewe. Ons glo dat hy die Seun van God is en nie deel van ’n Drie-eenheid nie. Daarom is ons begrip van die Bybel anders as dié van ander godsdienste.”
Toe die onderhoud oor BBC-televisie uitgesaai is, het die verslaggewer die program afgesluit deur te sê: “Ek het baie meer geleer oor waarom Jehovah se Getuies aan ons deur kom klop. En ek dink nie ek het al 25 000 mense op dieselfde tyd saam op een plek gesien wat so netjies geklee en so goed gemanierd is nie.” Dit is inderdaad ’n goeie getuienis deur ’n buitestander van hoe verstandig dit is om by God se onveranderlike standaarde te bly!
Hoewel party dalk afgeskrik word deur die idee dat hulle volgens standaarde moet lewe wat hulle nie self gestel het nie, spoor ons jou aan om jou Bybel te ondersoek en uit te vind wat God se standaarde is. Moenie tevrede wees met ’n oppervlakkige ondersoek nie. Volg die raad van die apostel Paulus: “Hou op om na hierdie stelsel van dinge gevorm te word, maar word verander deur julle verstand te hervorm, dat julle julle van die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God kan vergewis” (Romeine 12:2). Besoek die Koninkryksaal in jou omgewing, en leer ken die Getuies daar. Jy sal vind dat hulle gewone mense is wat hulle vertroue in die Bybel se beloftes stel en wat hulle vertroue in God toon deur volgens sy standaarde te probeer lewe.
As jy in jou persoonlike lewe by God se onveranderlike en betroubare standaarde bly, sal jy beslis seëninge ontvang. Aanvaar die uitnodiging wat God self rig: “Ag, as jy maar aan my gebooie aandag sal skenk! Dan sal jou vrede net soos ’n rivier word, en jou regverdigheid soos die golwe van die see.”—Jesaja 48:18, NW.
[Prente op bladsy 5]
Vandag word vertroue in die handel, politiek, godsdiens, en gesinsverhoudings geskend