Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Blywende indrukke

Blywende indrukke

Blywende indrukke

ELKE jaar kom Jehovah se Getuies in hulle onderskeie lande by Christelike byeenkomste bymekaar. Hulle doen dit om geestelik opbouende onderrigting en assosiasie te geniet. Maar ander aspekte van hulle samekomste kan ook ’n blywende indruk op besoekers laat.

In Julie 1999 het duisende Getuies byvoorbeeld in Mosambiek byeengekom vir drie verrykende dae by die “God se profetiese woord”-streekbyeenkomste. Vir baie van diegene wat teenwoordig was, was dit die eerste keer dat hulle ’n byeenkoms bygewoon het. Hulle was nie net beïndruk met die woorde wat hulle van die verhoog af gehoor het nie, maar ook met wat hulle om hulle gesien het.

By die Maputo-Byeenkomssaal het een persoon gesê: “Ek het in my hele lewe nog nooit so ’n pragtige plek gesien nie! In die badkamers is seep en spieëls, en dit het selfs skoon geruik. Die omgewing was vreedsaam en sonder die geraas van kinders wat baklei. En daar was geen stotery nie! Ek het gelukkige jongmense gesien wat opbouende gesprekke gevoer het. Ek was ook beïndruk met die netjiese kleredrag. Volgende keer sal ek my kinders bring en my man oortuig dat ons hierdie byeenkoms moet bywoon.”

Ja, die eerlikheid, onkreukbaarheid en fisiese sindelikheid van Jehovah se Getuies bly nie ongemerk nie. Waarom is die Getuies anders? Omdat hulle waarlik probeer toepas wat hulle uit die Bybel leer. Woon gerus vanjaar saam met hulle hulle nasionale streekbyeenkomste of hulle weeklikse vergaderinge by ’n plaaslike Koninkryksaal by en kom kyk self.

[Prent op bladsy 32]

ZAMBIË

[Prent op bladsy 32]

KENIA

[Prent op bladsy 32]

MOSAMBIEK