Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jaarvergadering 6 Oktober 2001

Jaarvergadering 6 Oktober 2001

Jaarvergadering 6 Oktober 2001

DIE JAARVERGADERING van die lede van die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania sal op 6 Oktober 2001 in die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies, Kennedyboulevard 2932, Jersey City, New Jersey, gehou word. Daar sal om 9:15 vm. eers ’n vergadering vir net die lede wees, gevolg deur die algemene jaarvergadering om 10:00 vm.

Die lede van die korporasie moet die Kantoor van die Sekretaris nou reeds in kennis stel van enige verandering in hulle posadres gedurende die afgelope jaar sodat die gewone kennisgewing en volmagte hulle gedurende Julie kan bereik.

Die volmagte, wat saam met die kennisgewing van die jaarvergadering aan die lede gestuur sal word, moet teruggestuur word sodat dit die Kantoor van die Sekretaris van die Genootskap voor of op 1 Augustus bereik. Elke lid moet sy volmag sonder versuim invul en terugstuur en ook aandui of hy self by die vergadering sal wees al dan nie. Hierdie inligting moet duidelik op elke volmag verskyn, aangesien dit gebruik sal word om vas te stel wie die vergadering gaan bywoon.

Daar word verwag dat die hele sessie, met inbegrip van die formele sakevergadering en verslae, teen 1:00 nm. of kort daarna afgehandel sal wees. Daar sal geen middagsessie wees nie. Omdat sitplekke in die saal beperk is, sal slegs kaartjiehouers toegelaat word. Die jaarvergadering sal nie telefonies met ander vergaderplekke verbind wees nie.