Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Duursamer as suiwer goud

Duursamer as suiwer goud

Duursamer as suiwer goud

GOUD is baie gesog weens die prag en duursaamheid daarvan. Die vernaamste rede waarom dit so begeerlik is, is die feit dat dit blykbaar altyd blink en vlekkeloos bly. Dit is omdat goud nie deur water, suurstof, swael of omtrent enigiets anders beskadig word nie. Baie goue voorwerpe wat in skepe wat gesink het of elders gevind is, het selfs ná honderde jare nog steeds hulle glans behou.

Die Bybel sê egter interessant genoeg dat daar iets is wat duursamer en “van baie groter waarde is as goud wat vergaan al word dit deur vuur getoets” (1 Petrus 1:7). Goud wat deur vuur en ander prosesse “getoets”, of gesuiwer, is, kan tot 99,9 persent suiwer wees. Tog kan selfs gesuiwerde goud vergaan, of oplos, wanneer dit blootgestel word aan aqua regia (koningswater), ’n mengsel van drie dele soutsuur en een deel salpetersuur. Die Bybel is dus wetenskaplik akkuraat wanneer dit sê dat ‘goud vergaan’.

Daarenteen lei ware Christelike geloof “tot die behoud van die siel” (Hebreërs 10:39). Mense kan iemand doodmaak wat sterk geloof het, soos wat hulle met Jesus Christus gedoen het. Maar diegene met opregte geloof ontvang hierdie belofte: “Betoon jou selfs tot in die dood getrou, en ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Openbaring 2:10). Diegene wat getrou sterf, bly in God se geheue, en hy sal hulle opwek (Johannes 5:28, 29). Geen hoeveelheid goud kan dit teweegbring nie. In hierdie opsig is geloof waarlik van baie groter waarde as goud. Maar geloof kan slegs hierdie oortreffende waarde hê as dit getoets, of beproef, is. Trouens, dit is ‘die beproefde hoedanigheid van geloof’ wat Petrus gesê het groter waarde as goud het. Jehovah se Getuies sal jou met graagte help om die Bybel te bestudeer sodat jy sterk geloof in die ware God, Jehovah, en in sy Seun, Jesus Christus, kan ontwikkel en handhaaf. Dit, volgens Jesus, “beteken die ewige lewe”.—Johannes 17:3.