’n Sertifikaat van Voortreflikheid
’n Sertifikaat van Voortreflikheid
DIT is wat die Vereniging van Kongolese en Afrika-joernaliste vir die Ontwikkeling (AJOCAD) in die Demokratiese Republiek van die Kongo uitreik om “individue of maatskaplike organisasies te beloon wat hulle onderskei het deur hulle bydrae tot die ontwikkeling in [die Kongo]”.
Op 17 November 2000 is die Sertifikaat van Voortreflikheid aan Jehovah se Getuies toegeken vir “hulle bydrae tot die ontwikkeling van die Kongolese individu [deur] die opvoeding en die onderrigting wat in hulle publikasies vervat word”.
Die koerant Le Phare van Kinshasa het kommentaar gelewer oor die toekenning en gesê: “Dit is moeilik om ’n Kongolees te vind in wie se hande die Wagtoring en Ontwaak! of ander publikasies wat deur Jehovah se Getuies uitgegee word, nog nie was nie. Hierdie tydskrifte [bespreek] alle aspekte van die lewe.” Die artikel het ook genoem dat die publikasies toon “hoe om vandag se probleme die hoof te bied” en dat dit wys op “die ware betekenis van huidige gebeure”. Elke Ontwaak! “bly polities neutraal en verhef . . . nie een ras bo ’n ander nie”. Daarbenewens bou die publikasies “vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige wêreld wat die huidige bose, wettelose stelsel van dinge binnekort gaan vervang”.
Soos AJOCAD gesê het, kan ’n groot deel van die Kongolese bevolking by die publikasies van Jehovah se Getuies baat vind. Jy kan ook baat vind by hierdie hoopinboesemende boodskap wat in honderde tale beskikbaar is.
Sien asseblief hieronder hoe jy hiervan gebruik kan maak.