Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vroeër was ons wolwe—Nou is ons skape!

Vroeër was ons wolwe—Nou is ons skape!

Vroeër was ons wolwe—Nou is ons skape!

Toe ek en Sakina klein dogtertjies was, was ons bure. Sakina was groot en sterk, terwyl ek klein en maer was. Ons het dikwels gestry, maar eendag het ons ’n groot bakleiery gehad. Van daardie dag af het ons nie weer met mekaar gepraat of mekaar gegroet nie. Uiteindelik het ons al twee weggetrek en alle kontak met mekaar verloor.

In 1994 het ek die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin studeer, en my persoonlikheid het geleidelik verander. Vier jaar later, terwyl ek ons spesiale byeenkomsdag in Bujumbura, Burundi, bygewoon het, was ek verbaas om Sakina daar raak te loop. Ek was bly dat sy daar was, maar ons het mekaar effens koel gegroet. Later daardie dag kon ek beswaarlik my oë glo toe ek haar tussen die doopkandidate sien! Sy het ook heeltemal verander. Sy was nie meer die bakleierige persoon met wie ek so dikwels gestry het nie. Hoe wonderlik was dit tog om te sien dat sy haar toewyding aan God in die openbaar bekend maak deur haar in water te laat doop!

Toe sy uit die water uitkom, het ek haar onmiddellik gaan omhels en in haar oor gefluister: “Onthou jy nog hoe ons baklei het?” “Ja”, het sy gesê, “ek onthou, maar dit was in die verlede. Ek is nou ’n nuwe mens.”

Ons albei is bly dat ons die Bybelwaarheid gevind het wat mense verenig, en dat ons ons wolfagtige persoonlikhede verander het na dié van skape wat aan die Groot Herder, Jehovah God, behoort. Bybelwaarheid verander inderdaad mense se lewens.