Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wees dankbaar en gelukkig

Wees dankbaar en gelukkig

Wees dankbaar en gelukkig

“DANKBAARHEID is ’n fundamentele menslike gevoel”, het die Calgary Herald, ’n Kanadese koerant, gesê. Die Herald het ’n paar negejarige laerskoolkinders aangehaal wie se onderwyseres hulle gevra het om oor alles te skryf waarvoor hulle dankbaar is. Een kind het gesê dat hy dankbaar is vir sy gesin ‘omdat hulle hom versorg het’. ’n Dogtertjie was ook dankbaar vir haar gesin en het gesê: “Hulle hou my veilig, gesond, sorg vir my, is lief vir my, voed my, en as dit nie vir my ouers was nie, dan sou ek nie op hierdie aarde gewees het nie.”

Ondankbaarheid lei tot chroniese ontevredenheid. Volgens die filosoof-teoloog J. I. Packer “is ons geskep om afhanklik van God en wedersyds afhanklik van mekaar te lewe”. Dit herinner ons aan die Bybel se wyse raad van eeue gelede, wat sê: “Betoon julle dankbaar” (Kolossense 3:15). Dankbetuigings en opregte dankbaarheid teenoor ander dra tot liefdevolle verhoudings by.

As ons ander waardeer en hulle as kosbaar beskou, sal ons boonop toon dat ons teenoor Jehovah dankbaar is, en hy let dit op. Die Bybel sê: “[Jehovah se] oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is” (2 Kronieke 16:9). God verseker ons dat hy die liefde onthou en waardeer wat mense vir sy naam toon (Hebreërs 6:10). Ja, ons het goeie rede om ons dankbaarheid te betoon, want hierdie godvrugtige eienskap behaag Jehovah, wanneer ons dit daagliks openbaar, en dra tot ons geluk by. Dit is soos Spreuke 15:13 sê: “’n Vrolike hart maak die aangesig bly.”