Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hulle gebruik die Goddelike naam in Sentraal-afrika

Hulle gebruik die Goddelike naam in Sentraal-afrika

Hulle gebruik die Goddelike naam in Sentraal-afrika

DIE oorgrote meerderheid mense in Sentraal-Afrika glo in God. Hulle het geen twyfel dat hy die Skepper van alle dinge is nie (Openbaring 4:11). Maar net soos baie mense op ander plekke ignoreer hulle dikwels sy persoonlike naam—Jehovah.

Mense in Sentraal-Afrika, asook in ander wêrelddele, verwys na God se naam wanneer hulle in die Onse Vader sê: “Laat u naam geheilig word” (Matteus 6:9). Maar vir ’n lang tyd het min mense daardie naam geken. Oor die jare heen het die ywerige predikingswerk van Jehovah se Getuies egter mense se gesindheid teenoor die gebruik van die Goddelike naam laat verander. Vandag is die Goddelike naam algemeen bekend en word dit algemeen aanvaar in baie Afrikatale, soos Zulu (uJehova), Joroeba (Jehofah), Xhosa (uYehova) en Swahili (Yehova). Tog gebruik die meeste Bybelvertalings in hierdie tale nog steeds nie die Goddelike naam nie.

’n Goeie vertaling wat wel die Goddelike naam gebruik, is die Bybel in Zande, ’n taal wat in dele van die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan en die Demokratiese Republiek van die Kongo gepraat word. In daardie deel van die wêreld gebruik mense God se naam en spel hulle dit Yekova in hulle moedertaal. Ongeag hoe die Goddelike naam in ’n volkstaal weergegee word, dit is belangrik om dit te gebruik. Waarom? Want “elkeen wat die naam van Jehovah aanroep, sal gered word”.—Romeine 10:13.

[Kaart/Prent op bladsy 32]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

SOEDAN

SENTRAAL AFRIKAANSE REPUBLIEK

DEMOKRATIESE REPUBLIEK VAN DIE KONGO

[Erkenning]

The Complete Encyclopedia of Illustration/J. G. Heck