Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Dié wat moeilik bereikbaar is, word bereik

Dié wat moeilik bereikbaar is, word bereik

Koninkryksverkondigers berig

Dié wat moeilik bereikbaar is, word bereik

JEHOVAH SE GETUIES probeer soveel mense moontlik met die Koninkryksboodskap bereik. Soms verg dit buitengewone ywer om diegene te bereik wat selde tuis is (Markus 13:10). ’n Spesiale pionierbedienaar in ’n Suid-Amerikaanse land vertel in verband hiermee die volgende ondervinding.

“Op ’n dag het ek gehoor dat die goewerneur van die staat die gebied sou besoek waar ek en my vrou toegewys is. Aangesien hy beslis iemand is wat selde tuis is, het ek vir hom ’n brief geskryf en etlike Bybelpublikasies ingesluit, onder meer die brosjure Wat vereis God van ons?, asook die boeke Die mensdom se soeke na God en Kennis wat tot die ewige lewe lei. My brief het verduidelik wat die doel van elkeen van die publikasies is.

“Ek wou graag weet wat sy reaksie op die lektuur is en het dus gevra of ek hom kon spreek. ’n Paar weke later is ek ’n afspraak toegestaan, en ek het ’n kopie van die video Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name saam met my geneem. Die afspraak het omtrent twee uur geduur. Nadat ek saam met die goewerneur na die video gekyk het, het ek hom gevra wat hy daarvan gedink het. Hy het geantwoord: ‘Daar is geen ander organisasie op aarde soos julle s’n nie. Ek wens ek het mense soos julle gehad wat my kon help om my regeringsprojekte te voltooi!’ Toe het hy gevra of ek al ooit by die wêreldhoofkwartier van ons organisasie was. Ek het hom vertel dat dit my doelwit is sedert ek 14 jaar oud was, maar dat ek nog nooit die geleentheid gehad het om ons wêreldhoofkwartier in Brooklyn, New York, te besoek nie. Dit was een van daardie doelwitte wat moeilik is om te bereik. Hy het ’n oomblik stip na my gekyk. Toe het hy gesê hy wil hê dat ek daardie geleentheid kry. Hy het gesorg dat ons die nodige wetlike dokumente kry en vir ons die vliegtuigkaartjies as ’n geskenk gegee!

“Die goewerneur ontvang nou gereeld Die Wagtoring en Ontwaak! Ons hoop dat ons binnekort ’n Bybelstudie met hom sal kan begin.”