Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Uiteindelik weet ek wat fout is met my!”

“Uiteindelik weet ek wat fout is met my!”

“Uiteindelik weet ek wat fout is met my!”

DIT is hoe ’n man in Tokio gevoel het toe hy die lewensverhaal in Die Wagtoring van 1 Desember 2000 gelees het. Die titel van die artikel was ‘Julle weet nie wat julle lewe môre sal wees nie’, en dit het die ondervinding vertel van ’n voormalige sendeling met ’n toestand wat medies as manies-depressiewe psigose bekend staan.

Die man van Tokio het in ’n brief aan die uitgewers van hierdie tydskrif gesê: “Die simptome wat beskryf is, is presies dieselfde as myne. Daarom het ek na ’n psigiatriese hospitaal gegaan en uitgevind dat ek maniese depressie het. Die dokter wat my ondersoek het, was verbaas. Hy het gesê: ‘Mense met hierdie siekte dink selde dat hulle siek is.’ Ek is gehelp om die siekte te diagnoseer voordat dit te ernstig geword het.”

Miljoene mense in alle wêrelddele vind op verskillende maniere daarby baat om elke nommer van Die Wagtoring en sy medetydskrif die Ontwaak! te lees. Hulle vind die artikels leersaam en interessant. Die Wagtoring word nou in 141 tale gedruk, en die Ontwaak! word in 86 tale uitgegee. Jy sal dit ook geniet om Die Wagtoring en Ontwaak! gereeld te lees.