Jy kan ’n geestelike hartaanval vermy
Jy kan ’n geestelike hartaanval vermy
’n Wêreldklasatleet, wat die toppunt van sy vaardighede bereik het en op die oog af blakend gesond lyk, sak skielik gedurende ’n oefensessie inmekaar en sterf. Die atleet was Sergei Grinkov, ’n ysskaatser wat twee keer die Olimpiese gouemedaljewenner was en wie se loopbaan kortgeknip is net toe hy opgang begin maak het—hy was maar 28 jaar oud. Wat ’n tragedie! Die oorsaak? ’n Hartaanval. Sy dood was glo heeltemal onverwags omdat daar hoegenaamd geen aanduiding was dat hy aan ’n hartsiekte gely het nie. Tog het lykskouers gevind dat hy ’n vergrote hart en erg verstopte kroonslagare gehad het.
HOEWEL dit dalk lyk asof baie hartaanvalle sonder enige waarskuwing plaasvind, sê mediese deskundiges dat dit selde die geval is. Die waarheid is dat waarskuwingstekens en bydraende faktore soos kortasemheid, oorgewig en borspyne dikwels geïgnoreer word. Die gevolg is dat baie mense, al sterf hulle nie wanneer hulle ’n hartaanval kry nie, vir die res van hulle lewe erg gestrem word.
Die algemene mediese opinie vandag is dat ’n mens voortdurend sorgvuldig op jou dieet en lewenswyse moet let en gereeld vir mediese ondersoeke moet gaan as jy ’n hartaanval wil voorkom. a Sulke maatreëls, tesame met ’n opregte bereidwilligheid om die nodige veranderinge aan te bring, sal grootliks help om jou die tragiese gevolge van ’n hartaanval te spaar.
Daar is egter ’n ander aspek van ons hart wat selfs meer aandag verdien. “Bewaak jou hart Spreuke 4:23). Hierdie teks verwys natuurlik hoofsaaklik na die figuurlike hart. As ’n mens jou fisiese hart sorgvuldig moet oppas, is dit selfs belangriker dat ons op ons hoede moet wees as ons ons figuurlike hart teen siektes wil beskerm wat tot geestelike dood kan lei.
meer as alles wat bewaar moet word”, waarsku die Bybel ons, “want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Ontleding van ’n figuurlike hartaanval
Soos met fisiese hartsiekte is een van die beste maniere waarop ’n mens in geestelike sin ’n hartaanval kan vermy, om uit te vind wat die oorsake is en dan stappe te doen om dit te voorkom. Kom ons kyk dus na ’n paar van die basiese faktore wat tot hartprobleme—letterlik en figuurlik—bydra.
Dieet. Daar word algemeen aanvaar dat gemorskos, hoewel lekker, min of geen gesondheidsvoordele het nie. Net so ook is verstandelike gemorskos geredelik beskikbaar en aangenaam vir die sintuie, maar skadelik vir ’n mens se geestelike gesondheid. In die media word ’n oorvloed materiaal wat ongeoorloofde seks en dwelms, geweld en die okkulte uitbeeld, op vindingryke wyse bemark. As ’n mens jou verstand met sulke dinge voed, kan dit dodelik wees vir jou figuurlike hart. God se Woord waarsku: “Alles wat in die wêreld is—die begeerte van die vlees en die begeerte van die oë en die spoggerige vertoon van ’n mens se lewensmiddele—het nie hulle oorsprong by die Vader nie, maar het hulle oorsprong by die wêreld. Wat meer is, die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”—1 Johannes 2:16, 17.
Iemand wat lief is vir gemorskos, hou nie juis van gesonde kos, soos vrugte en groen groente, nie. So ook hou iemand wat daaraan gewoond is om sy verstand en hart met wêreldse dinge te voed, moontlik ook nie van heilsame en vaste geestelike voedsel nie. Die “melk” van God se Woord sal hom dalk ’n tyd lank aan die gang hou (Hebreërs 5:13). Maar op die lange duur ontwikkel hy nie die geestelike volwassenheid wat nodig is om sy basiese geestelike verantwoordelikhede in die Christengemeente en -bediening na te kom nie (Matteus 24:14; 28:19; Hebreërs 10:24, 25). Party in hierdie situasie het toegelaat dat hulle geestelike krag in so ’n mate afneem dat hulle onbedrywige Getuies word!
Nog ’n gevaar is dat die uiterlike misleidend kan wees. Die meganiese uitvoering van Christelike pligte kan die agteruitgang van ’n figuurlike hart verberg wat verswak word deur die geheime genieting van materialistiese filosofieë of vermaak wat onsedelikheid, geweld of die okkulte uitbeeld. Dit lyk dalk nie of so ’n slegte geestelike dieet enige invloed op ’n mens se geestelikheid het nie, maar dit kan die figuurlike hart verlam net soos ’n swak dieet die slagare kan laat verhard en die letterlike hart kan skaad. Jesus het ons gewaarsku om nie toe te laat dat ongepaste begeertes in ons hart posvat Matteus 5:28). Ja, ’n swak geestelike dieet kan tot ’n geestelike hartaanval lei. Maar daar is nog aspekte wat ons aandag verdien.
nie. Hy het gesê: “Elkeen wat aanhou om na ’n vrou te kyk om hartstog vir haar te hê[, het] reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg” (Oefening. Dit is welbekend dat ’n onaktiewe lewenswyse tot fisiese hartaanvalle kan bydra. So ook kan ’n geestelik onaktiewe lewenswyse ernstige gevolge hê. Iemand kan byvoorbeeld ’n aandeel aan die Christelike bediening hê, maar dit beperk tot wat die “gemaksone” genoem kan word, waar hy min of geen moeite doen om “’n werker [te word] wat hom oor niks hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg hanteer” (2 Timoteus 2:15). Of iemand woon moontlik party Christelike vergaderinge by, maar hy wend nie juis ’n poging aan om daarvoor voor te berei en daaraan deel te neem nie. Hy het dalk geen geestelike doelwitte of enige aptyt of entoesiasme vir geestelike dinge nie. Die gebrek aan geestelike oefening verswak uiteindelik die geloof wat hy dalk voorheen gehad het, of maak dit selfs dood (Jakobus 2:26). Die apostel Paulus het op hierdie gevaar gewys toe hy aan Hebreeuse Christene geskryf het, waarvan party blykbaar in so ’n onaktiewe geestelike lewenswyse verval het. Let op hoe hy gewaarsku het teen die verhardende uitwerking wat dit moontlik op hulle geestelikheid kon hê. “Pas op, broers, uit vrees dat daar ooit in enigeen van julle ’n goddelose, ongelowige hart sal ontwikkel deurdat hy hom van die lewende God terugtrek; maar hou aan om mekaar elke dag te vermaan, solank dit ‘Vandag’ genoem kan word, uit vrees dat enigeen van julle deur die bedrieglike krag van die sonde verhard sal word.”—Hebreërs 3:12, 13.
Spanning. Nog ’n vername oorsaak van fisiese hartaanvalle is oormatige spanning. Net so kan spanning, of die “sorge van die lewe”, maklik die dood van die figuurlike hart veroorsaak of selfs maak dat die slagoffer heeltemal ophou om God te dien. Jesus se waarskuwing in dié verband is tydig: “Let op julleself dat julle harte nooit beswaar word met oormatige etery en strawwe drinkery en sorge van die lewe, en dié dag skielik, in ’n oomblik, oor julle kom soos ’n strik nie” (Lukas 21:34, 35). Ons kan ook spanning op ons figuurlike hart plaas as ons ons lank oor ’n verborge sonde kwel. Koning Dawid het uit ondervinding geleer watter pyn sulke skadelike spanning veroorsaak toe hy gesê het: “Daar is geen vrede in my gebeente weens my sonde nie. Want my eie oortredings het oor my hoof gegaan; soos ’n swaar vrag is hulle vir my te swaar.”—Psalm 38:3, 4, NW.
Te veel selfvertroue. Baie slagoffers van ’n hartaanval was net voor hulle hartaanval nog vol vertroue dat hulle blakend gesond is. Hulle het roetine-ondersoeke of ander mediese ondersoeke dikwels as heeltemal onnodig beskou of selfs weggelag. Net so ook dink party dalk dat niks met hulle kan gebeur nie, aangesien hulle al ’n geruime tyd Christene is. Hulle verwaarloos dalk geestelike ondersoeke of selfondersoek totdat rampspoed hulle tref. Dit is noodsaaklik dat ons die apostel Paulus se geldige vermaning teen te veel selfvertroue in gedagte hou: “Hy wat dink dat hy staan, [moet] oppas dat hy nie val nie.” Dit is verstandig om te erken dat ons onvolmaak is en om ons van tyd tot tyd geestelik te ondersoek.—1 Korintiërs 10:12; Spreuke 28:14.
Moenie waarskuwingstekens ignoreer nie
Dit is met goeie rede dat die Skrif die toestand van die figuurlike hart as baie belangrik beskou. Ons lees in Jeremia 17:9, 10 (NW): “Die hart is verraderliker as enigiets anders en is desperaat. Wie kan dit ken? Ek, Jehovah, deursoek die hart, ondersoek die niere, ja, om aan elkeen te gee volgens sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.” Maar Jehovah ondersoek nie net ons hart nie; hy maak ook liefdevol voorsiening om ons te help om die nodige selfondersoek te doen.
Deur “die getroue en verstandige slaaf” word ons tydige herinneringe gegee (Matteus 24:45). Een van die vernaamste maniere waarop ons figuurlike hart ons byvoorbeeld kan bedrieg, is deur te veroorsaak dat ons ons in wêreldse fantasieë verdiep. Hierdie fantasieë is onrealistiese verbeeldingsvlugte, dagdrome, illusies. Dit kan baie skadelik word, veral as dit onrein gedagtes laat ontstaan. Ons moet dit dus heeltemal verwerp. As ons wetteloosheid haat soos Jesus gedoen het, sal ons ons hart bewaak sodat dit nie in wêreldse fantasieë verdiep raak nie.—Hebreërs 1:8, 9.
Daarbenewens het ons die hulp van liefdevolle ouer manne in die Christengemeente. Hoewel die besorgdheid van ander beslis op prys gestel word, is dit die verantwoordelikheid van elkeen van ons om ons figuurlike hart te bewaak. Dit berus by ons as individue om ‘seker te maak van alle dinge’ en om ‘voortdurend te toets of ons in die geloof is’.—1 Tessalonisense 5:21; 2 Korintiërs 13:5.
Bewaak die hart
Die Bybelbeginsel “wat ’n mens ook al saai, dit sal hy ook maai”, is eweneens van toepassing op die gesondheid van ons figuurlike hart (Galasiërs 6:7). Wat op die oog af na skielike geestelike rampspoed lyk, is dikwels eintlik die gevolg van ’n lang, verborge geskiedenis van betrokkenheid by geestelik skadelike bedrywighede, soos om na pornografie te kyk, oormatig besorg te wees oor materiële dinge of na vernaamheid of mag te strewe.
As ’n mens die hart wil bewaak, is dit derhalwe noodsaaklik dat jy op jou geestelike dieet let. Voed die verstand en hart met die Woord van God. Verwerp die verstandelike gemorskos wat so geredelik beskikbaar is en so aanloklik vir die vlees is, maar die figuurlike hart net ongevoelig maak. Die psalmis gebruik ’n gepaste—en medies korrekte—vergelyking ter waarskuwing: “Hulle hart is ongevoelig soos vet.”—Psalm 119:70.
As jy verborge foute het wat jy al lank beoefen, moet jy jou inspan om daarvan ontslae te raak, anders kan dit jou figuurlike slagare 1 Korintiërs 7:29-31). En as rykdom jou begin aantrek, moet jy Job se woorde ter harte neem: “As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue! ook dit sou ’n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.”—Job 31:24, 28; Psalm 62:10, NW; 1 Timoteus 6:9, 10.
verstop. As die wêreld aantreklik begin voorkom en lyk of dit baie plesier en vermaak bied, moet jy oor die wyse raad van die apostel Paulus peins. Hy het geskryf: ‘Ek sê dít, broers: die oorblywende tyd is kort. Laat dié wat van die wêreld gebruik maak, van nou af wees soos dié wat dit nie ten volle gebruik nie; want die toneel van hierdie wêreld is aan die verander’ (Om te toon hoe ernstig dit is om Bybelraad voortdurend te ignoreer, waarsku die Bybel: “’n Man wat herhaaldelik tereggewys word maar sy nek verhard, sal skielik verbreek word, en dit sonder genesing” (Spreuke 29:1, NW). As ons daarenteen goed na ons figuurlike hart omsien, kan ons die geluk en die gemoedsrus smaak wat uit ’n eenvoudige lewe voortspruit. Dit was nog altyd die aanbevole weg van die ware Christelike geloof. Die apostel Paulus is geïnspireer om te skryf: “Dit is ongetwyfeld ’n middel tot groot gewin, hierdie godvrugtige toegewydheid tesame met vergenoegdheid. Want ons het niks in die wêreld ingebring nie, en ook kan ons niks uitdra nie. As ons dus voedsel, klere en onderdak het, sal ons met hierdie dinge tevrede wees.”—1 Timoteus 6:6-8.
Ja, as ons ons in die weg van godvrugtige toegewydheid oefen, kan ons verseker wees van ’n gesonde en sterk figuurlike hart. As ons sorgvuldig op ons geestelike dieet let, sal ons nie toelaat dat hierdie wêreld se vernietigende weë en denke ons geestelikheid enigsins benadeel of skade berokken nie. Laat ons bowenal gereeld ons figuurlike hart ondersoek deur Jehovah se voorsienings deur middel van sy organisasie te aanvaar. As ons dit ywerig doen, sal dit ons grootliks help om die droewige gevolge van ’n geestelike hartaanval te vermy.
[Voetnoot]
a Sien asseblief die reeks “Hartaanvalle—Wat kan gedoen word?” in die Ontwaak! van 8 Desember 1996, uitgegee deur Jehovah se Getuies, vir verdere inligting.
[Lokteks op bladsy 10]
’N SLEGTE GEESTELIKE DIEET KAN DIE FIGUURLIKE HART VERLAM NET SOOS ’N SWAK DIEET DIE SLAGARE KAN LAAT VERHARD EN DIE LETTERLIKE HART KAN SKAAD
[Lokteks op bladsy 10]
’N GEESTELIK ONAKTIEWE LEWENSWYSE KAN ERNSTIGE GEVOLGE HÊ
[Lokteks op bladsy 11]
“SORGE VAN DIE LEWE” KAN DODELIK WEES VIR DIE FIGUURLIKE HART
[Prent op bladsy 11]
Dit kan groot leed veroorsaak as ons ons geestelike gesondheid verwaarloos
[Prente op bladsy 13]
Goeie geestelike gewoontes bewaak die figuurlike hart
[Foto-erkenning op bladsy 9]
AP Photo/David Longstreath