Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy dit geniet om die onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Duitsland se Federale Grondwetlike Hof het bygedra tot watter regsoorwinning in verband met godsdiens?

Hierdie hof het ’n ander hof se ongunstige beslissing in verband met Jehovah se Getuies en hulle wetlike erkenning as ’n korporasie van publieke reg tersyde gestel. Die gunstige beslissing het gesê dat iemand binne die bestek van godsdiensvryheid eerder ‘die leerstellings van sy geloof’ as die eise van die Staat mag gehoorsaam.—8/15, bladsy 8.

Hoe lank het Job gely?

Die boek Job sê nie dat hy baie jare lank gely het nie. Job se lyding en die uiteinde daarvan het moontlik binne ’n paar maande plaasgevind, dalk minder as ’n jaar.—8/15, bladsy 31.

Waarom kan ons seker wees dat die Duiwel nie net ’n bygelowige versinsel is nie?

Jesus Christus het geweet dat die Duiwel werklik bestaan. Jesus is deur ’n werklike persoon versoek, nie deur die een of ander boosheid binne-in hom nie (Matteus 4:1-11; Johannes 8:44; 14:30).—9/1, bladsye 5-6.

Spreuke 10:15 (NW) sê: “Die waardevolle dinge van ’n ryke is sy sterk stad. Die ondergang van die geringes is hulle armoede.” Hoe word dit bewaarheid?

Rykdom kan as ’n beskerming dien teen sommige onsekerhede in die lewe, net soos ’n versterkte stad ’n mate van veiligheid bied vir diegene wat daarin woon. Aan die ander kant kan armoede jou ondergang beteken wanneer daar onverwagte verwikkelinge is.—9/15, bladsy 24.

In watter sin “het hulle die Naam van die HERE [“Jehovah”, NW] begin aanroep” in die dae van Enos? (Genesis 4:26).

God se naam is al sedert die begin van die mens se geskiedenis gebruik; die gebruik waarmee mense in Enos se tyd begin het, was dus nie om Jehovah in geloof aan te roep nie. Mense het moontlik God se naam op ontheiligende wyse op hulleself toegepas of op ander mense deur wie hulle voorgegee het dat hulle God aanbid.—9/15, bladsy 29.

Wat beteken die woord “dissipline” soos dit in die Bybel gebruik word?

Die woord impliseer nie enige vorm van mishandeling of wreedheid nie (Spreuke 4:13, NW; 22:15). Die Griekse woord vir “dissipline” hou hoofsaaklik verband met onderrigting, opvoeding, teregwysing en soms ferm maar liefdevolle tugtiging. ’n Belangrike manier waarop ouers Jehovah kan navolg, is deur goeie kommunikasie met hulle kinders te probeer behou (Hebreërs 12:7-10).—10/1, bladsye 8, 10.

Hoe wys ware Christene vandag dat hulle vir heerskappy deur God is?

Wanneer Jehovah se Getuies God se Koninkryk verkondig, bemoei hulle hulle nie met die politiek of stook hulle nie opstand aan nie, selfs nie in lande waar die Getuies verban is nie (Titus 3:1). Hulle lewer ’n positiewe bydrae soos Jesus en sy eerste-eeuse dissipels gedoen het en probeer mense help om heilsame Bybelse waardes soos eerlikheid, sedelike reinheid en ’n goeie werksetiek aan te neem.—10/15, bladsy 6.

Hoe vloei lewegewende water in die Andes?

Jehovah se Getuies in daardie omgewing wend pogings aan om Bybelwaarhede aan die mense te verkondig, selfs in die twee plaaslike tale, Quechua en Aymara. Die Getuies besoek mense wat op eilande in die Titicaca-meer woon, insluitende “drywende” eilandplatforms wat van biesies gemaak word wat in die meer se water groei.—10/15, bladsye 8-10.

Wat het God voorsien om ons te lei wat vergelyk kan word met die gerekenariseerde navigasiestelsel op moderne passasiersvliegtuie?

God het mense toegerus met ’n waardering vir sedelike leiding, ’n innerlike sedelikheidsgevoel. Dit is ons oorgeërfde gewete (Romeine 2:14, 15).—11/1, bladsye 3-4.

Waarom het Jesus se dood groot waarde?

Toe die volmaakte man Adam gesondig het, het hy die lewe vir homself en sy afstammelinge verloor (Romeine 5:12). As ’n volmaakte mens het Jesus sy menselewe opgeoffer en sodoende die losprys voorsien wat dit vir getroue mense moontlik maak om die ewige lewe te verkry.—11/15, bladsye 5-6.

Wie was die Skitiërs wat in Kolossense 3:11 gemeld word?

Die Skitiërs was ’n nomadiese volk op die steppe van Eurasië en het van ongeveer 700 tot 300 v.G.J. daar beheer uitgeoefen. Hulle was gedugte perderuiters en krygsmanne. Kolossense 3:11 het moontlik nie na ’n spesifieke nasie verwys nie, maar na die slegste onder onbeskaafde mense.—11/15, bladsye 24-5.

Waarom kan ons sê dat die Gulde Reël ’n beginsel is wat voortdurend ons aandag verdien?

Hierdie etiese grondbeginsel word in Judaïsme, Boeddhisme, Griekse filosofie en Confucianisme gevind. Maar wat Jesus in die Bergpredikasie gesê het, verg positiewe optrede, en dit het mense se lewens op alle plekke en deur al die eeue heen geraak (Matteus 7:12).—12/1, bladsy 3.