Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hedendaagse martelare getuig in Swede

Hedendaagse martelare getuig in Swede

Koninkryksverkondigers berig

Hedendaagse martelare getuig in Swede

DIE Griekse woord vir “getuie” is martyr, waarvan die Afrikaanse woord “martelaar” afgelei is, en beteken “iemand wat deur sy dood getuig”. Talle eerste-eeuse Christene het ’n getuienis oor Jehovah gegee deur vir hulle geloof te sterf.

Net so is duisende Getuies in die 20ste eeu deur Hitler se handlangers gedood omdat hulle hulle neutraliteit in politieke en nasionalistiese aangeleenthede gehandhaaf het. Hierdie hedendaagse martelare gee ook ’n kragtige getuienis. Dit is wat onlangs in Swede gebeur het.

Die Sweedse regering het ’n landwye opvoedkundige kampanje oor die Slagting georganiseer om saam te val met die 50ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Die projek is “Lewende geskiedenis” genoem. Jehovah se Getuies is genooi om daaraan deel te neem en hulle ondervindinge te vertel.

Die Getuies het hierop gereageer deur ’n tentoonstelling te hou met die tema “Die vergete slagoffers van die Slagting”. Dit het by die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies in Strängnäs geopen. Getuies wat die Slagting oorleef het, was teenwoordig om hulle ondervindinge te vertel vir die meer as 8 400 besoekers wat op die eerste dag gekom het! Teen die einde van 1999 is die tentoonstelling in meer as 100 museums en openbare biblioteke regdeur Swede gehou, en ongeveer 150 000 mense het dit gesien. Onder die besoekers was ’n aantal regeringsamptenare, wat gunstige kommentare gemaak het oor wat hulle gesien het.

Geen ander enkele gebeurtenis in verband met die bedrywighede van Jehovah se Getuies in Swede het soveel openbare dekking gehad en soveel gunstige publisiteit ontvang nie. Baie besoekers het gevra: “Waarom het julle ons nie vroeër vertel wat gedurende die Slagting met julle gebeur het nie?”

Nadat die tentoonstelling in een van die gemeentes se gebied gehou is, het hulle gerapporteer dat tuisbybelstudies met 30 persent toegeneem het! Een Getuie het ’n medewerker genooi om na die tentoonstelling te gaan kyk. Die kollega het die uitnodiging gretig aanvaar en ’n vriendin saamgeneem. Ná die tyd het die vriendin gesê dat dit vir haar moeilik is om te verstaan hoe mense sulke sterk geloof kan hê dat hulle bereid is om eerder tereggestel te word as om ’n dokument te onderteken waarin hulle hulle geloof prysgee. Dit het tot verdere besprekings gelei, en ’n Bybelstudie is met haar begin.

Soos hulle eerste-eeuse eweknieë het hierdie getroue martelare van die 20ste eeu vrymoedig daarvan getuig dat Jehovah die enigste ware God is, wat ons onwrikbare geloof en lojaliteit waardig is.—Openbaring 4:11.

[Foto-erkenning op bladsy 13]

Kampgevangene: Państwowe Muzeum Oświęcim-Brzezinka, courtesy of the USHMM Photo Archives