Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Skuilplek teen die wind

’n Skuilplek teen die wind

’n Skuilplek teen die wind

HOOG in die Alpynse berge van Europa groei ’n geharde plant wat die alperoos genoem word. Hierdie dwergrododendron groei dikwels dig teen mekaar en laag op die grond om dit teen die sterk hooglandse winde te beskerm. Die wind, wat onophoudelik waai, is ’n bedreiging vir die alpynse plante deurdat dit hulle temperatuur verlaag, die lug en die grond uitdroog en aan hulle wortels pluk.

Die alperoos spring dikwels die verwoesting van die wind vry deur in smal skeure tussen die rotse te groei. Al is daar nie baie grond op hierdie plekke nie, bied die rotsskeure beskerming teen die wind en help dit die plant om water te behou. Hierdie rododendrons kan die grootste gedeelte van die jaar nie maklik gesien word nie, maar in die somer versier hulle hulle bergskuilplek met helderrooi blomme.

Die profeet Jesaja het verduidelik dat “vorste” deur God aangestel sal word, en elkeen sal soos “’n skuilplek teen die wind” wees (Jesaja 32:1, 2). Onder leiding van die Koning, Christus Jesus, sal hierdie geestelike vorste, of opsieners, soos vaste rotse wees, standvastig in tye van spanning of beproewing. Hulle sal betroubare skuiling bied wanneer daar teëspoed is en sal hulpbehoewendes help om hulle geestelike watervoorraad uit God se Woord se behou.

Winde van vervolging, ontmoediging of siekte kan ’n Christen teister en sy geloof laat kwyn as hy geen beskerming het nie. Christen- ouer manne kan beskerming bied deur aandagtig na sy probleem te luister, Bybelraad en aanmoediging te gee of praktiese hulp te verleen. Soos hulle aangestelde Koning, Christus Jesus, wil hulle diegene help wat “rondgegooi” is (Matteus 9:36). En hulle wil graag ander help wat deur die winde van valse lering benadeel is (Efesiërs 4:14). Hierdie hulp op die regte tyd kan lewensbelangrik wees.

“Ek het deur ’n moeilike tyd in my lewe gegaan toe van my intieme vriende nie meer deel van die gemeente wou wees nie en toe my pa, gedurende hierdie selfde tyd, bloeding op die brein gehad het”, verduidelik Miriam. “Ek het van my terneergedruktheid probeer ontslae raak deur met ’n wêreldse vriend te begin uitgaan. Kort daarna het ek onwaardig begin voel en vir die gemeentelike ouer manne gesê dat ek besluit het om die waarheid te verlaat, aangesien ek seker was dat Jehovah my nie kon liefhê nie.

“Op hierdie kritieke tydstip het ’n medelydende ouer man my herinner aan die jare wat ek as ’n gewone pionierbedienaar gedien het. Hy het vir my gesê dat hy altyd my getrouheid bewonder het, en hy het vriendelik gevra dat ek die ouer manne toelaat om my te help, om my van Jehovah se liefde te verseker. Hulle liefdevolle belangstelling op daardie kritieke tydstip was vir my soos ‘’n skuilplek’ gedurende die geestelike storm wat om my gewoed het. Binne ’n maand het ek my verhouding met my kêrel beëindig, en ek het sedertdien in die weg van die waarheid bly wandel.”

Ouer manne voel dat hulle pogings beloon word wanneer hulle sien hoe mede-Christene geestelik floreer, danksy die beskerming wat hulle op die regte tyd ontvang. En hierdie ‘skuilplekke’ bied ons ’n voorsmaak van die oorvloedige geestelike hulp wat ons gedurende Christus se Duisendjarige Heerskappy sal geniet.