Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis

Die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis

Die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis

DIT was die dood van Jesus Christus. Waarom was dit so belangrik? Daar is verskeie redes.

Jesus se getrouheid tot die dood toe het bewys dat ’n mens onkreukbaarheid teenoor God kan handhaaf.

Christus se dood het die geleentheid gebied vir party om medeheersers van hom in die hemel te word. Dit het ook die weg gebaan vir nog baie meer mense om die ewige lewe in ’n aardse paradys te geniet.

Die aand voor sy dood het Jesus ongesuurde brood en rooi wyn as simbole van sy liefdevolle menseofferande gebruik. En hy het vir sy dissipels gesê: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen” (Lukas 22:19). Sal jy hierdie belangrike gebeurtenis onthou?

Jehovah se Getuies nooi jou hartlik uit om saam met hulle die herdenking van Jesus se dood te vier. Die datum van hierdie herdenking is vanjaar op Donderdag, 28 Maart, ná sononder. Jy kan dit by die Koninkryksaal naaste aan jou bywoon. Vind asseblief by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit presies hoe laat en waar dit gehou gaan word.