Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Goeie leierskap—Die wêreldwye uitdaging

Goeie leierskap—Die wêreldwye uitdaging

Goeie leierskap—Die wêreldwye uitdaging

Die man was ’n skrywer en ’n digter. Sy hart was vol hoop vir die toekoms. Sowat 90 jaar gelede het hy hom ’n plek voorgestel “waar die verstand sonder vrees is en die hoof hooggehou word; waar kennis gratis is; waar die wêreld nie deur enge landsgrense versplinter word nie; waar woorde uit diepe waarheid voortspruit [en] waar onvermoeide inspanning na volmaaktheid reik”.

HIERDIE skrywer het toe die hoop uitgespreek dat sy land sowel as die res van die wêreld hulle eendag in so ’n wêreld sal bevind. As hierdie digter en Nobelpryswenner vandag nog gelewe het, sou hy beslis baie teleurgesteld gewees het. Ondanks al die vooruitgang en deurbrake is die wêreld meer versplinter as ooit. En die mensdom se vooruitsigte bly sleg.

Toe ’n boer gevra is waarom daar skielik geweld tussen sekere partye in sy land uitgebreek het, het hy gewys op wat na sy mening een van die redes is. “Dis weens swak leiers”, het hy gesê. Die geskiedskrywer Jonathan Glover het in sy boek Humanity—A Moral History of the Twentieth Century ’n soortgelyke beskouing gehuldig en gesê: “Die volksmoord [in dieselfde land] was nie ’n spontane uitbarsting van haat tussen stamme nie; dit is beplan deur mense wat mag wou behou.”

Toe daar vroeg in die 1990’s oorlog tussen twee republieke van die voormalige Joego-Slawië uitgebreek het, het ’n joernalis geskryf: “Ons het jare lank gelukkig saamgewoon, en nou maak ons mekaar se babas dood. Wat is besig om met ons te gebeur?”

Duisende kilometers van Europa af is die land Indië, die geboorteplek van die digter wat aan die begin genoem is. In ’n lesing met die tema “Kan Indië as een nasie behoue bly?” het die skrywer Pranay Gupte gesê: ‘Ongeveer 70 persent van Indië se groot bevolking is jonger as 30; tog is daar geen leiers wat vir hulle as ’n rolmodel kan dien nie.’

In sekere lande moes leiers uit hulle amp bedank omdat hulle van korrupsie beskuldig is. Die wêreld ondervind dus om verskeie redes ’n leierskapkrisis. Toestande bevestig die woorde van ’n profeet wat ongeveer 2 600 jaar gelede gelewe het. Hy het gesê: “Aan die mens [behoort] sy weg . . . nie. Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie.”—Jeremia 10:23.

Is daar ’n oplossing vir die huidige wêreldbenoudheid? Wie kan die mensdom in ’n wêreld inlei waar die mensegemeenskap nie deur onenigheid of vrees geteister word nie, waar ware kennis gratis en oorvloedig is en waar die mensdom op die weg na volmaaktheid is?

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Fatmir Boshnjaku