Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ek wou God . . . dien”

Ek wou God . . . dien”

Koninkryksverkondigers berig

Ek wou God . . . dien”

“GAAN uit haar uit, my volk.” Dit was wat die apostel Johannes in die eerste eeu G.J. ’n engel hoor sê het. In ons dag het miljoene opregtes van hart hierop ag geslaan en uit “Babilon die Grote”, die wêreldryk van valse godsdiens, uitgevlug (Openbaring 18:1-4). Onder hulle is Wilner van Haïti, wat sy ondervinding vertel.

“Ek is in 1956 uit ’n vroom Katolieke gesin in die dorpie St. Marc, Haïti, gebore. Julle kan julle voorstel hoe bly my familie was toe ek, saam met twee ander van ons dorp, gekies is om ’n kweekskool in St. Michel de l’Atalaye, Haïti, by te woon. Toe, in 1980, is ons vir verdere opleiding na Stavelot, België, gestuur. Daar het ons ook na ’n Katolieke universiteit toe gegaan.

“Aanvanklik was ek geesdriftig oor die vooruitsig om ’n priester te word. Eendag in die eetkamer het die priester wat oor ons groep aangestel was, my gevra om ’n paar minute agter te bly omdat hy met my wou praat. Stel jou voor hoe geskok ek was toe hy openlik verklaar dat hy seksueel tot my aangetrokke voel! Ek het sy toenadering verwerp, maar was heeltemal ontnugter. Ek het vir my familie oor die voorval geskryf en ’n paar maande later die kweekskool, ondanks hulle misnoeë, verlaat. Ek het in die dorp verblyf gevind en in ’n ander rigting begin studeer.

“Toe ek na St. Marc teruggekeer het, het ek geen vertroue meer in die Katolieke Kerk gehad nie. Ek wou God nogtans dien, maar ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek het na die Adventiste-kerk, die Ebeneser-kerk en die Mormoonse Kerk toe gegaan. Ek het geestelik rondgedobber.

“Toe het ek onthou dat ek die Crampon-Bybel gelees het terwyl ek in die kweekskool in België was. Daarin het ek ontdek dat God ’n naam het. Ek het dus sy naam gebruik en vurig tot God gebid om my te help om die ware godsdiens te vind.

“Kort daarna het twee van Jehovah se Getuies in ons buurt ingetrek. Hulle het hulle stil, eerbiedig en waardig gedra. Ek was beïndruk deur hulle lewenswyse. Eendag het een van die twee Getuies my genooi om die jaarlikse herdenking van Christus se dood by te woon. Ek het die vergadering terdeë geniet en tot ’n gereelde Bybelstudie saam met die Getuies ingestem. Binne sowat ses maande was ek oortuig dat ek die regte manier gevind het om God te dien. Ek het my lewe aan Jehovah toegewy en is op 20 November 1988 gedoop.”

Later het Wilner die voltydse bediening betree. Vandag dien hy as ’n gemeentelike ouer man. Hy en sy vrou, saam met hulle twee kinders, dien gelukkig in die gemeente.

[Prent op bladsy 9]

Deur die Bybel te lees, het Wilner ontdek dat God se naam Jehovah is