Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Nooit te oud om te leer nie

Nooit te oud om te leer nie

Nooit te oud om te leer nie

KSENIJA is in 1897 gebore. Sy het 3 dogters, ’n seun, 15 kleinkinders en 25 agterkleinkinders. Sy het haar hele lewe lank gedoen wat haar ouers haar geleer het. Hoewel sy as ’n vlugteling na Moskou toe gekom het uit die oorloggeteisterde Abkhasiese Republiek, tussen die Swart See en die Kaukasus, was sy heel tevrede met haar lewe, veral met wat sy haar oorgeërfde geloof genoem het.

In 1993 het Ksenija se dogter Meri een van Jehovah se Getuies geword. Meri het met Ksenija oor Jehovah God en die Bybel begin praat, maar sy wou nie luister nie. Ksenija het vir haar dogter bly sê: “Dis te laat vir my om iets nuuts te leer.”

Nogtans het haar dogter Meri; haar kleinseun se vrou, Londa, en haar agterkleinkinders Nana en Zaza, wat almal Jehovah se Getuies geword het, voortdurend met haar oor die Bybel gepraat. Een aand in 1999 het hulle ’n teks vir Ksenija gelees wat haar hart geraak het. Dit het Jesus se hartroerende woorde aan die getroue apostels bevat toe hy die Here se Aandmaal ingestel het (Lukas 22:19, 20). Op die ouderdom van 102, het Ksenija daardie aand besluit om die Bybel te begin studeer.

“Ná 102 jaar”, sê Ksenija, “het ek uiteindelik die doel van die lewe begryp. Ek besef nou dat daar niks beter is as om ons wonderlike, liefdevolle God, Jehovah, te dien nie. Ek is nog op en wakker en gesond. Ek lees nog sonder ’n bril en is aktief betrokke by my familie.”

Op 5 November 2000 is Ksenija gedoop. Sy sê: “Nou gee ek my lewe aan Jehovah om hom met liefde te dien. Ek gaan sit by ’n bushalte naby my huis waar ek tydskrifte en traktate versprei. Familielede kom dikwels kuier, en dis vir my ’n vreugde om vir hulle die waarheid oor Jehovah te vertel.”

Ksenija sien uit na die dag wanneer ‘haar vlees frisser sal word as in die jeug, en sy terugkeer na die dae van haar jeugdige krag’ (Job 33:25). As ’n honderdjarige nie te oud voel om in die Bybel te leer wat die doel van die lewe is nie, wat dan van jou?