Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Moenie jou laat bedrieg nie

Moenie jou laat bedrieg nie

Moenie jou laat bedrieg nie

BEDROG is amper so oud soos die mens self. Een van die eerste gebeurtenisse in die opgetekende geskiedenis was ’n daad van bedrog. Dit was toe Satan Eva in die tuin van Eden bedrieg het.—Genesis 3:13; 1 Timoteus 2:14.

Hoewel daar sedertdien nog nooit ’n tyd was dat bedrog nie iets algemeens op die aarde was nie, is dit vandag besonder wydverspreid. Die Bybel het van hedendaagse tye voorspel: “Goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, terwyl hulle mislei en mislei word.”—2 Timoteus 3:13.

Mense word om verskeie redes bedrieg. Skelms en swendelaars bedrieg hulle slagoffers om hulle geld te kry. Party politici bedrieg die kiesers omdat hulle ten alle koste aan bewind wil bly. Mense bedrieg selfs hulleself. Pleks van onaangename waarhede onder die oë te sien, oortuig hulle hulleself dat gevaarlike gebruike, soos rook, dwelmmisbruik of geslagsonsedelikheid, geen gevaar inhou nie.

Dan is daar ook nog bedrog in godsdienssake. Die godsdiensleiers van Jesus se dag het die mense bedrieg. Van daardie bedrieërs het Jesus gesê: “Hulle is blinde gidse. As ’n blinde dan ’n blinde lei, sal albei in ’n gat val” (Matteus 15:14). Mense bedrieg hulleself ook in godsdienssake. Spreuke 14:12 sê: “Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is later die weë van die dood.”

Soos in Jesus se dag word baie mense vandag in godsdienssake bedrieg, en dit is geen wonder nie! Die apostel Paulus het gesê dat Satan “die verstande van die ongelowiges verblind het, sodat die verligting van die glorieryke goeie nuus oor die Christus, wat die beeld van God is, nie sou deurskyn nie”.—2 Korintiërs 4:4.

As ons deur ’n skelm bedrieg word, verloor ons geld. As ’n politikus ons bedrieg, kan ons as gevolg daarvan ’n mate van ons vryheid verloor. Maar as Satan ons bedrieg en ons gevolglik die waarheid oor Jesus Christus verwerp, verloor ons die ewige lewe! Moet jou dus nie laat bedrieg nie. Maak jou verstand en hart ontvanklik vir die een onbetwisbare bron van godsdienswaarheid, die Bybel. Daar is te veel op die spel om enigiets anders te doen.—Johannes 17:3.