Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Die woord van God oefen krag uit’

‘Die woord van God oefen krag uit’

Koninkryksverkondigers berig

‘Die woord van God oefen krag uit’

OP DIE sonnige Karibiese eiland Jamaika is die meeste mense vertroud met die Bybel. Trouens, die King James Version kan in byna elke huis gevind word, en party mense het ondervind dat ‘die woord van God lewend is en krag uitoefen’ (Hebreërs 4:12). Hierdie krag kan lewens verander, soos toegelig word deur die volgende ondervinding.

’n Man met die naam Cleveland het net van die werk af by die huis gekom toe een van Jehovah se Getuies hom besoek. Nadat die Getuie ’n paar punte uit die Skrif met hom bespreek het, het hy die Bybelstudiehulp Kennis wat tot die ewige lewe lei by hom gelaat. Cleveland het nie besef in watter mate God se Woord krag in sy lewe sou uitoefen nie.

Cleveland het gewoonlik drie maal per dag gebid en God se hulp gevra sodat hy die regte manier kon vind om Hom te aanbid. Cleveland was oortuig dat sy ouers God nie op die regte manier aanbid het nie, maar nadat hy ander godsdienste ondersoek het, was hy ontnugter. Hoewel hy van Jehovah se Getuies gehoor het, het hy getwyfel of hulle die waarheid het. Ondanks sy bedenkinge het Cleveland ingestem om die Bybel te studeer saam met die Getuie wat hom besoek het. Waarom? Omdat hy die Getuies verkeerd wou bewys!

Weldra het Cleveland geleer dat die onsedelike verhoudings wat hy met twee verskillende vroue het, God mishaag (1 Korintiërs 6:9, 10). Ná net twee studies het hy die moed bymekaargeskraap om sy verhoudings met die vroue te beëindig. Hy het ook Christelike vergaderinge by die Koninkryksaal begin bywoon. Dit was egter vir hom nog ’n toets.

Cleveland was so betrokke by die sokkerspan in sy gemeenskap dat die sokkerwedstryde inbreuk gemaak het op sy vergaderingbywoning. Wat sou hy doen? Ondanks geweldige druk van sy spanmaats, afrigter en vriende het Cleveland besluit om die sokkerspan te verlaat. Ja, God se Woord het krag begin uitoefen en hom ten goede begin beïnvloed!

Die krag van God se Woord het weer na vore gekom toe Cleveland ander van sy Bybelkennis begin vertel het (Handelinge 1:8). Gevolglik het twee van sy voormalige spanmaats die vergaderinge van Jehovah se Getuies begin bywoon. Nadat Cleveland aan die vereistes voldoen het om ’n verkondiger van die goeie nuus te word, het hy groot vreugde uit die bediening geput en God se Woord gebruik om ander te help.

Die krag van God se Woord het ’n verdere invloed op Cleveland gehad, en hy het uiteindelik sy toewyding aan Jehovah deur waterdoop gesimboliseer. Hy het nou die voorreg om as ’n voltydse bedienaar en as ’n bedieningskneg in die gemeente te dien.

In Jamaika en regoor die wêreld het duisende mense geleer dat God se Woord inderdaad ‘lewend is en krag uitoefen’.

[Kaart/Prent op bladsy 8]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

JAMAIKA

[Erkenning]

Kaart en aardbol: Mountain High Maps® Copyright © 1997 Digital Wisdom, Inc.