“Ek sou niks verander nie!”
Lewensverhaal
“Ek sou niks verander nie!”
SOOS VERTEL DEUR GLADYS ALLEN
Mense vra my soms: “As jy jou lewe oor kon hê, wat sou jy verander?” Ek kan in alle eerlikheid antwoord: “Ek sou niks verander nie!” Laat ek verduidelik waarom ek so voel.
IN DIE somer van 1929, toe ek twee jaar oud was, het iets wonderliks met my pa, Matthew Allen, gebeur. Hy het die boekie Daar leef miljoene vandag wat nooit sal sterf nie! gekry, wat uitgegee is deur die Internasionale Bybelstudente, soos Jehovah se Getuies destyds bekend gestaan het. Nadat my pa net ’n paar bladsye gretig gelees het, het hy uitgeroep: “Dit is beste ding wat ek nog gelees het!”
Kort daarna het my pa ander publikasies van die Bybelstudente gekry. Hy het onmiddellik al die bure begin vertel van wat hy geleer het. Daar was egter nie ’n gemeente van Jehovah se Getuies in ons plattelandse gemeenskap nie. My pa het besef dat ons gesin gereelde Christelike omgang nodig het, en daarom het hy ons in 1935 na Orangeville, Ontario, Kanada, laat trek, aangesien daar ’n gemeente was.
In daardie dae is kinders nie altyd aangemoedig om gemeentelike vergaderinge by te woon nie; hulle het gewoonlik buite die vergaderplek gebly en gespeel tot die volwassenes klaar was. My pa het nie hiervan gehou nie. Hy het geredeneer: “As die vergaderinge vir my goed is, dan is dit vir my kinders goed.” Hoewel my pa net kort tevore met die gemeente begin omgaan het, het hy my, my broer Bob en my susters Ella en Ruby dus aangesê om saam met die volwassenes te vergader, en ons het. Weldra het die kinders van ander Getuies dieselfde
gedoen. Om vergaderinge by te woon en kommentaar te lewer, het ’n baie belangrike deel van ons lewe geword.My pa was lief vir die Bybel, en hy kon Bybelverhale op ’n wonderlike, lewendige manier vertel. Hierdeur het hy noodsaaklike lesse in ons jong harte ingeprent wat ek nog steeds met geneentheid onthou. Een van hierdie lesse waaraan ek nou kan dink, is dat Jehovah diegene seën wat aan hom gehoorsaam is.
My pa het ons ook geleer om die Bybel te gebruik om ons geloof te verdedig. Ons het dit in ’n speletjie verander. My pa sou miskien sê: “Ek glo dat ek hemel toe gaan wanneer ek sterf. Bewys julle nou vir my dat ek nie hemel toe gaan nie.” Ek en Ruby het dan die konkordansie deursoek om tekste te vind wat ons kon gebruik om daardie lering te weerlê. Nadat ons die tekste gelees het wat ons gekry het, het my pa gesê: “Dis interessant, maar ek is nog nie oortuig nie.” Ons het dan weer in die konkordansie begin soek. Dit het dikwels ure lank aangehou totdat my pa tevrede was met die antwoorde wat ons hom gegee het. Gevolglik is ek en Ruby goed toegerus om ons oortuigings te verduidelik en ons geloof te verdedig.
Hoe ek mensevrees oorkom het
Ondanks die goeie opleiding wat ek tuis en by gemeentelike vergaderinge ontvang het, moet ek erken dat party aspekte van ’n Christelike lewenswyse vir my ’n uitdaging was. Soos baie jongmense het ek dit nie geniet om anders as ander te wees nie, veral nie my klasmaats nie. ’n Vroeë toets van my geloof het verband gehou met wat ons inligtingsoptogte genoem het.
Die idee was dat ’n groep broers en susters stadig deur die hoofstrate van ’n dorp moet stap en plakkate met slagspreuke daarop moet dra. In ons dorp met sowat 3 000 inwoners het almal mekaar geken. Gedurende een inligtingsoptog het ek laaste in die ry gestap met ’n plakkaat waarop daar gestaan het: “Religie is ’n strik en ’n bedrogspel.” Van my skoolmaats het my gesien en gou agter my begin loop terwyl hulle “God Save the King” gesing het. Hoe het ek dit hanteer? Ek het vurig gebid vir die krag om aan te hou loop. Toe die optog uiteindelik klaar was, het ek gou na die Koninkryksaal gegaan om my plakkaat terug te gee en huis toe te gaan. Maar die broer wat in beheer was, het vir my gesê dat nog ’n optog gaan begin en dat hulle nog iemand nodig het om ’n plakkaat te dra. Ek het dus weer gegaan, en vuriger as ooit gebid. Maar teen dié tyd het my klasmaats reeds moeg geraak en huis toe gegaan. My gebede om krag het gebede van danksegging geword!—Spreuke 3:5.
Voltydse knegte was altyd welkom in ons huis. Hulle was ’n gelukkige groep, en ons het dit baie geniet om hulle te onthaal. Vandat ek kan onthou, het my ouers altyd vir ons kinders die voltydse bediening voorgehou as die beste loopbaan moontlik.
Ek het op hulle aanmoediging gereageer en in 1945 my loopbaan in die voltydse bediening begin. Ek het later aangesluit by my suster Ella, wat in London, Ontario, as ’n pionier gedien het. Daar het ek aan ’n aspek van velddiens deelgeneem wat ek gedink het ek nooit sou kon doen nie. Die broers het in die plaaslike kroeë van tafel tot tafel gegaan en klante Die
Wagtoring en Vertroosting (nou Ontwaak!) aangebied. Gelukkig is die werk Saterdagmiddae gedoen en het ek die hele week tyd gehad om te bid vir die moed om te gaan! Nee, die werk was nie vir my maklik nie, maar dit was lonend.Aan die ander kant het ek ook geleer om spesiale nommers van Vertroosting wat gehandel het oor die vervolging van ons broers in Nazi-konsentrasiekampe, af te lewer, veral aan belangrike Kanadese sakemanne, insluitende die presidente van groot korporasies. Deur die jare heen het ek gevind dat Jehovah ons altyd onderskraag solank ons op hom vertrou vir krag. Soos my pa altyd gesê het: Jehovah seën diegene wat aan Hom gehoorsaam is.
Ons aanvaar die uitnodiging om in Quebec te dien
Op 4 Julie 1940 is die werk van Jehovah se Getuies in Kanada verbied. Later is die verbod opgehef, maar ons is nog steeds in die Rooms-Katolieke provinsie Quebec vervolg. ’n Spesiale veldtog is onderneem waarin die skerp bewoorde traktaat Quebec’s Burning Hate for God and Christ and Freedom Is the Shame of All Canada gebruik is om die aandag te vestig op die mishandeling van ons broers daar. Nathan H. Knorr, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, het met honderde pioniers in die stad Montreal vergader om die implikasies te verduidelik van wat ons op die punt gestaan het om te doen. Broer Knorr het vir ons gesê dat ons kan verwag om in hegtenis geneem en in die tronk gegooi te word as ons instem om aan die veldtog deel te neem. En dit is presies wat gebeur het! Met verloop van tyd is ek 15 keer in hegtenis geneem. Wanneer ons in velddiens uitgegaan het, het ons seker gemaak dat ons ons tandeborsel en kam by ons het ingeval ons die nag in die tronk moes deurbring.
Aanvanklik het ons die meeste van die werk snags gedoen sodat ons so min moontlik aandag sou trek. Ek het gewoonlik ekstra traktate in ’n sak gedra wat ek om my nek onder my jas gehang het. Die sak vol traktate was nogal groot en het my swanger laat lyk. Dit was tot my voordeel wanneer ek op ’n beknopte trem geklim het om na die gebied te reis. Verskeie kere het ’n galante heer opgestaan en die “swanger” vrou sy sitplek aangebied.
Later het ons die traktate bedags begin versprei. Ons het traktate by drie of vier deure gelaat, en dan het ons na ’n ander gebied gegaan. Dit het gewoonlik goed gewerk. Maar as ’n priester uitgevind het dat ons in die omgewing is, kon ons moeilikheid verwag. Eenkeer het ’n priester ’n skare van 50 of 60 volwassenes en kinders aangehits om ons met tamaties en eiers te gooi. Ons het toevlug gesoek in die huis van ’n Christensuster, waar ons die nag op die vloer moes slaap.
Daar was ’n groot behoefte aan pioniers om vir die Franssprekende mense in Quebec te getuig, en daarom het ek en my suster Ruby in Desember 1958 Frans begin leer. Daarna is ons na ’n hele paar Franssprekende gebiede in die provinsie gestuur. Elke toewysing was ’n unieke ondervinding. Op een plek het ons twee jaar lank agt uur per dag van deur tot deur gegaan sonder dat enigiemand vir ons die deur oopgemaak het! Die mense het bloot na die deur toe gekom en die blindings afgetrek. Maar ons het nie moed opgegee nie. Vandag is daar twee florerende gemeentes in daardie dorp.
In elke opsig deur Jehovah onderskraag
In 1965 het ons as spesiale pioniers begin dien. In een toewysing as spesiale pioniers het ons ten volle begin verstaan wat Paulus met sy woorde in 1 Timoteus 6:8 bedoel het: “As ons dan voedsel, klere en onderdak het, sal ons met hierdie dinge tevrede wees.” Ons moes by ’n streng begroting bly om ons onkoste te dek. Ons het dus geld opsy gesit vir verhitting, huur, elektrisiteit en kos. Nadat dit gedek is, het ons 25 sent oorgehad vir die res van die maand om te gebruik soos ons wou.
Met beperkte geldmiddele kon ons bekostig om die verwarmer snags net ’n paar uur lank in ons huis aan te hê. Ons slaapkamer was dus nooit warmer as 15 grade Celsius nie en was Psalm 37:25 tog: “Ek [het] geen regverdige heeltemal verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie”!
dikwels baie kouer. Wel, eendag het ’n seun van een van Ruby se Bybelstudente ons besoek. Hy het seker huis toe gegaan en vir sy ma gesê dat ons doodgaan van die koue, want sy het daarna elke maand vir ons tien dollar gestuur om olie te koop sodat ons die verwarmer die heeltyd aan kon los. Ons het glad nie gevoel dat ons iets ontsê word nie. Ons was nie ryk nie, maar ons het altyd die noodsaaklikhede gehad. Ons het gevoel dat enigiets ekstra ’n seën was. Hoe waar is die woorde inOndanks die teenkanting wat ons ondervind het, het ek die vreugde daarvan gesmaak om te sien hoe ’n hele paar mense met wie ek Bybelstudies gehou het, ’n kennis van die waarheid opdoen. Party het die voltydse bediening hulle loopbaan gemaak, wat my spesiale vreugde verskaf het.
Ek bied nuwe uitdagings die hoof
Cornwall, Ontario, het in 1970 ons nuwe toewysing geword. Ongeveer ’n jaar nadat ons in Cornwall aangekom het, het my ma siek geword. My pa is reeds in 1957 oorlede, en ek en my twee susters het beurte gemaak om my ma te versorg tot haar dood in 1972. Ons spesialepionier-maats, Ella Lisitza en Ann Kowalenko, was ’n stabiliserende invloed en het ons gedurende hierdie tyd liefdevol ondersteun. Hulle het omgesien na ons Bybelstudies en ander verantwoordelikhede gedurende ons afwesigheid. Hoe waar is die woorde van Spreuke 18:24 tog: “Daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer”!
Die lewe is beslis vol uitdagings. Met Jehovah se liefdevolle onderskraging kon ek hulle die hoof bied. Ek gaan nog steeds vreugdevol voort in die voltydse diens. Bob, wat in 1993 oorlede is, het meer as 20 jaar in die pionierwerk deurgebring, waarvan hy 10 kosbare jare saam met sy vrou, Doll, in die pionierdiens was. My ouer suster Ella, wat in Oktober 1998 oorlede is, het meer as 30 jaar lank as ’n pionier gedien en altyd die pioniergees behou. In 1991 is daar vasgestel dat my ander suster, Ruby, kanker het. Sy het nogtans haar beperkte kragte gebruik om die goeie nuus te verkondig. Sy het ook haar humorsin behou tot die oggend van haar dood, 26 September 1999. Hoewel ek
nie meer my susters het nie, het ek wel ’n geestelike gesin van broers en susters om my te help om my humorsin te behou.Wat sou ek verander wanneer ek op my lewe terugkyk? Ek het nooit getrou nie, maar ek is geseën met liefdevolle ouers, ’n broer en susters wat die waarheid eerste in hulle lewe gestel het. Ek sien daarna uit om hulle almal binnekort in die opstanding te sien. Ek kan al voel hoe my pa my vasdruk en my ma se trane sien wanneer ons mekaar omhels. Ella, Ruby en Bob sal van vreugde spring.
Intussen is ek vas van plan om aan te hou om die bietjie gesondheid en energie wat ek nog het, te gebruik om Jehovah te loof en te eer. Die voltydse pionierdiens is ’n wonderlike, lonende lewenswyse. Dit is net soos die psalmis gesê het van diegene wat in Jehovah se weë wandel: “Gelukkig sal jy wees, en dit sal met jou goed gaan.”—Psalm 128:1, 2.
[Prente op bladsy 26]
My pa was lief vir die Bybel. Hy het ons geleer om dit te gebruik om ons geloof te verdedig
[Prent op bladsy 28]
Van links na regs: Ruby, ek, Bob, Ella, my ma en pa in 1947
[Prent op bladsy 28]
Voorste ry, van links na regs: Ek, Ruby en Ella by ’n streekbyeenkoms, 1998