Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wanneer gee ’n las word

Wanneer gee ’n las word

Wanneer gee ’n las word

“JULLE kan my maar ’n bedelaar noem; dit pla my nie. Ek bedel vir Jesus.” Hierdie betekenisvolle woorde van ’n Protestantse predikant beklemtoon die geskil rondom godsdiensfinansiering. Dit wil voorkom of georganiseerde godsdiens se voortbestaan van milddadige finansiële ondersteuning afhanklik is. Salarisse moet betaal word, tempels moet gebou en in stand gehou word, evangelisasiewerk moet gefinansier word. Waar sal die nodige fondse vandaan kom?

Vir baie kerke is tiendes die antwoord. a “Tiendes is God se manier om Sy koninkryk op aarde te finansier”, beweer die evangelis Norman Robertson. “Dit is Sy stelsel om fondse te voorsien sodat dit moontlik is om die Evangelie te verkondig.” Hy is glad nie verleë om sy volgelinge te herinner aan hulle verantwoordelikheid om te gee nie en sê met nadruk: ‘’n Mens gee nie tiendes omdat jy dit kan bekostig nie. Dit is ’n daad van gehoorsaamheid. Die versuim om tiendes te gee, is ’n duidelike oortreding van God se gebooie. Dit kom neer op geldverduistering.’—Tithing—God’s Financial Plan.

Jy stem heel waarskynlik saam dat dit deel van Christelike aanbidding moet wees om te gee. Maar vind jy knaende versoeke om geld steurend, dalk selfs aanstootlik? Die Brasiliaanse teoloog Inácio Strieder beskuldig kerke daarvan dat hulle tiendes gebruik om “hulle institusionele probleme op te los” en noem sulke gebruike “ongeoorloof, uitbuiting en ’n teologiese afwyking”. Die gevolg, sê hy, is dat “werkloses, weduwees, mense in krotbuurte en diegene wat nie goeie oordeel aan die dag kan lê nie, tot die slotsom kom dat God hulle verlaat het en dat hulle verplig is om soveel vir ‘die predikant’ te gee dat hulle eie gesin honger ly”.

Jy wonder miskien: ‘Pas kerke wat tiendes afdwing, die Skrif reg toe? Of gebruik party godsdienste dalk vrees vir God om die kudde te melk? Verwag God werklik van ons om soveel te gee dat dit ’n las word?’

[Voetnoot]

a Tiendes word beskryf as 10 persent van ’n persoon se bruto inkomste.