Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Eers weggejaag, toe verwelkom

Eers weggejaag, toe verwelkom

Eers weggejaag, toe verwelkom

’N PAAR jaar gelede het Santiago en sy vrou, Lourdes, na die skilderagtige dorp Huillcapata, Peru, getrek om aan die mense daar die Bybel se boodskap van hoop te verkondig. Maar kort voor lank het ’n priester van Cuzco af daar aangekom en die dorpsbewoners bymekaargeroep. Die priester het hulle gewaarsku dat die teenwoordigheid van Jehovah se Getuies ’n dodelike pessiekte en swaar sneeuval sou meebring wat hulle beeste sou laat doodgaan en hulle gesaaides sou verwoes.

Baie is deur hierdie “profesie” beïnvloed, en meer as ’n halfjaar lank het niemand in die dorp Santiago en Lourdes se uitnodiging aanvaar om die Bybel te bestudeer nie. ’n Stadsamptenaar met die naam Miguel, die luitenant-goewerneur, het Santiago en Lourdes in die straat af gejaag en hulle met klippe gegooi. Maar hulle het altyd op ’n vreedsame, Christelike manier opgetree.

Na verloop van tyd het party van die dorpenaars tot ’n Bybelstudie ingestem. Selfs Miguel het sy gesindheid verander. Hy het die Bybel saam met Santiago begin studeer, opgehou om te veel te drink en ’n vredeliewende mens geword. Miguel, sy vrou en twee van sy dogters het uiteindelik Bybelwaarheid aangeneem.

Vandag is daar ’n gelukkige gemeente van Jehovah se Getuies in hierdie dorp. Miguel is bly dat die meeste van die klippe waarmee hy Santiago en Lourdes gegooi het, hulle nie getref het nie, en hy is dankbaar teenoor die egpaar vir die goeie voorbeeld van vreedsaamheid wat hulle gestel het.

[Prente op bladsy 32]

Weens die vreedsame gesindheid van Santiago en Lourdes (bo) het Miguel (heel regs) sy gesindheid verander