Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Sal jy graag goeie vriende wil hê?

Sal jy graag goeie vriende wil hê?

Sal jy graag goeie vriende wil hê?

DIE meeste mense wil goeie vriende hê. Dit verryk ’n mens se lewe as jy goeie vriende het met wie jy oor jou ondervindinge kan praat. Maar hoe kan jy ware vriende vind? Byna 2 000 jaar gelede het Jesus getoon dat onselfsugtige liefde die sleutel tot sukses in alle menseverhoudings is. Hy het geleer: “Net soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen” (Lukas 6:31). Hierdie verklaring, wat dikwels die Gulde Reël genoem word, toon dat ’n mens onselfsugtig en vrygewig moet wees om vriende te hê. Eenvoudig gestel, jy moet ’n vriend wees om ’n vriend te hê. Hoe so?

’n Hegte, innige vriendskap kan nie oornag aangekweek word nie. Vriende is immers veel meer as net kennisse. Hulle is mense met wie jy ’n emosionele band smee. Om hegte bande te smee en te bewaar, verg inspanning. Vriendskap vereis dikwels dat jy jou metgesel se behoeftes bo jou eie gerief stel. Vriende deel nie net in mekaar se vreugdes nie, maar ook in mekaar se teleurstellings.

’n Belangrike manier om te toon dat jy ’n ware vriend is, is deur emosionele en praktiese ondersteuning te gee aan iemand wat dit nodig het. Spreuke 17:17 sê: “’n Ware metgesel het te alle tye lief en is ’n broer wat gebore word vir die tyd wanneer daar benoudheid is.” Trouens, vriendskapsbande kan selfs sterker wees as sekere familiebande. Spreuke 18:24 sê: “Daar is metgeselle wat geneig is om mekaar te verpletter, maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer.” Sou jy graag meer wou uitvind oor hoe ’n mens sulke sinvolle vriendskappe kan aankweek? Sou jy graag deel van ’n groep mense wil word wat daarvoor bekend is dat hulle liefde onder mekaar het? (Johannes 13:35). Indien wel, sal Jehovah se Getuies in jou omgewing jou met graagte wys hoe om ware vriende te vind.