Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Is God nog in beheer?

Is God nog in beheer?

’n Uitnodiging . . .

Is God nog in beheer?

NATUURRAMPE, dodelike siektes, korrupsie onder hooggeplaastes, terreuraanvalle, oorloë, misdaad. Hierdie gebeure is byna elke dag in die nuus. Hetsy jy al self deur sulke dinge geraak is of nie, ’n mens kan nie anders as om te wonder waarop die wêreld afstuur en of dinge ooit sal verbeter nie.

Hierdie probleme sal bespreek word in ’n tydige openbare toespraak met die titel “Is God nog in beheer?” wat in meer as 200 lande regoor die wêreld deur Jehovah se Getuies aangebied sal word. Dit sal die aandag vestig op wat God in sy onfeilbare Woord, die Bybel, sê en belowe in verband met hierdie lewensbelangrike vrae:

Stel God belang in wat op die aarde gebeur?

Hoe voel hy oor die mensdom?

Stel hy belang in jou welsyn?

Die toespraak sal in die meeste plekke op Sondag 30 April 2006 by die Koninkryksaal van Jehovah se Getuies gehou word. Die Getuies in jou omgewing sal met graagte vir jou die tyd en adres gee.

Jy word hartlik uitgenooi om hierdie aanmoedigende gratis Bybeltoespraak by te woon wat ’n bevredigende antwoord sal voorsien op die vraag: Is God nog in beheer?