Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy dit geniet om onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Wat is van die redes waarom daar vandag soveel boosheid is?

Een van die oorsake van bose dade is die mens se neiging tot wat sleg is (Genesis 8:21). Nog ’n rede is dat die meeste mense ’n gebrek aan juiste kennis van God se wil het. Daarbenewens het Satan, die oorsprong van boosheid, steeds ’n invloed op die mens se aangeleenthede.—1/1, bladsye 4-6.

Watter positiewe gevolge kan ’n goeie woord op die regte tyd hê? (Spreuke 12:25).

Dit kan die ontvanger se selfvertroue opbou, hom aanmoedig en motiveer en hom ’n gevoel van verbondenheid gee. Wanneer ons na geleenthede soek om ander te prys, word ons gehelp om die goeie in hulle raak te sien.—1/1, bladsye 16-17.

Wat was in die verbondsark?

Die twee kliptafels van die Wet sowel as ’n bietjie manna was daarin. Ná die opstand van Korag is Aäron se staf in die Ark gesit om as ’n getuienis teen daardie geslag te dien (Hebreërs 9:4). Die staf en die manna is moontlik uit die Ark verwyder voordat Salomo se tempel toegewy is.—1/15, bladsy 31.

Waarom moes die Jode in Nehemia se dag hout na die tempel bring?

Die Mosaïese Wet het nie ’n houtoffer vereis nie. Maar in Nehemia se dag was daar ’n voortdurende behoefte aan hout om die offerandes op die altaar te brand.—2/1, bladsy 11.

Wat is die Muratori-fragment?

Dit is deel van ’n Latynse manuskrip. Die teks is omstreeks die einde van die tweede eeu G.J. oorspronklik in Grieks geskryf. Dit bevat die oudste gesaghebbende lys boeke van die Christelike Griekse Geskrifte, sowel as kommentare oor die boeke en die skrywers daarvan.—2/15, bladsye 13-14.

Waarom het die Persiese koningin Vasti bly weier om na die koning te kom? (Ester 1:10-12).

Die Bybel sê nie wat haar beweegredes was nie. Sommige geleerdes beweer dat sy geweier het omdat sy haar nie voor die koning se dronk gaste wou verneder nie. Of dalk was hierdie koningin wat uiterlik mooi was, nie werklik onderdanig nie, wat dus ’n slegte voorbeeld vir ander vrouens in die Persiese Ryk gestel het.—3/1, bladsy 9.

Hoe voorsien die losprys verlossing?

Jesus se offerande kan ons van oorgeërfde sonde verlos en ons van die dodelike gevolge van sonde bevry (Romeine 6:23). Hierdie offerande bevry ware Christene van ’n skuldige gewete. En as ons geloof in die losprys beoefen, kan ons verlos word van vrees oor ons posisie voor God (1 Johannes 2:1).—3/15, bladsy 8.

Wat kan ons leer uit die bevel in die Wet dat ’n boklam nie in sy moeder se melk gekook mag word nie? (Eksodus 23:19).

Om ’n boklam in sy moeder se melk te kook, was moontlik ’n heidense ritus wat uitgevoer is om reën te bring (Levitikus 20:23). God het die moeder se melk voorsien om die boklam te voed en te help groei. Om die boklam in daardie melk te kook, sou minagting toon vir die verhouding wat God tussen die moeder en die kleintjie vasgestel het. Die wet wat dit verbied het, toon God se tere medelye.—4/1, bladsy 31.