Volg Jesus se voorbeeld en toon besorgdheid oor die armes
Volg Jesus se voorbeeld en toon besorgdheid oor die armes
ARMOEDE en onderdrukking is amper so oud soos die mensdom self. Hoewel God se Wet aan Israel die armes probeer beskerm het en hulle lyding probeer versag het, is daardie Wet dikwels verontagsaam (Amos 2:6). Die profeet Esegiël het die manier waarop die armes behandel is, veroordeel. Hy het gesê: “Die volk van die land het gekul en geroof en die geteisterde en die arme sleg behandel en die inwonende vreemdeling sonder geregtigheid te kort gedoen.”—Esegiël 22:29.
Die situasie was geensins anders toe Jesus op die aarde was nie. Die godsdiensleiers het geen besorgdheid getoon oor die armes en dié wat hulp nodig gehad het nie. Die godsdiensleiers is beskryf as “liefhebbers van geld” wat “die huise van die weduwees verslind” het en vir wie dit belangriker was om hulle oorleweringe te hou as om na die bejaardes en die behoeftiges om te sien (Lukas 16:14; 20:47; Matteus 15:5, 6). Dit is interessant dat Jesus in sy gelykenis van die barmhartige Samaritaan vertel het van ’n priester en ’n Leviet wat, toe hulle ’n beseerde man gesien het, eerder aan die oorkant van die pad verbygeloop het as om hom te gaan help.—Lukas 10:30-37.
Jesus het besorgdheid oor die armes getoon
Die Evangelieverslae van Jesus se lewe toon dat hy die probleme van die armes ten volle verstaan het en heeltemal bewus was van hulle behoeftes. Hoewel Jesus in die hemel gewoon het, het hy homself ontledig, ’n mens geword en ‘om ons onthalwe arm geword’ (2 Korintiërs 8:9). Toe Jesus die skare sien, “het hy vir hulle innig jammer gevoel, want hulle was gestroop en rondgegooi soos skape sonder ’n herder” (Matteus 9:36). Die verslag van die behoeftige weduwee toon dat Jesus nie beïndruk was deur die groot gawes van die rykes, wat “uit hulle oorvloed” gegee het nie, maar deur die arm weduwee se klein bydrae. Wat sy gedoen het, het hom diep geraak, want sy het “in haar gebrek al die middele vir lewensonderhoud ingegooi wat sy gehad het”.—Lukas 21:4.
Jesus het nie net medelye gevoel vir die armes nie, maar hy het ook persoonlike belangstelling in hulle behoeftes getoon. Hy en sy apostels het ’n gemeenskaplike fonds gehad waaruit hulle aan behoeftige Israeliete gegee het (Matteus 26:6-9; Johannes 12:5-8; 13:29). Jesus het diegene wat sy volgelinge wou wees, gehelp om te besef dat hulle ’n verpligting het om behoeftiges te help. Hy het vir ’n ryk jong heerser gesê: “Verkoop alles wat jy het en deel dit aan die armes uit, en jy sal ’n skat in die hemele hê; en kom word my volgeling.” Die feit dat die man nie bereid was om afstand te doen van sy besittings nie, het getoon dat hy rykdom liewer gehad het as wat hy God en sy medemens gehad het. Hy het dus nie die nodige eienskappe gehad om ’n dissipel van Jesus te wees nie.—Lukas 18:22, 23.
Christus se volgelinge is besorg oor die armes
Ná Jesus se dood het die apostels en ander volgelinge van Christus aangehou om besorgdheid oor die armes onder hulle te toon. In omstreeks 49 G.J. het die apostel Paulus met Jakobus, Petrus en Johannes vergader en die opdrag bespreek wat hy van die Here Jesus Christus ontvang het om die goeie nuus te verkondig. Hulle het saamgestem dat Paulus en Barnabas na “die nasies” moet gaan en hulle predikingswerk op die nie-Jode moet toespits. Maar Jakobus en sy metgeselle het Paulus en Barnabas aangespoor om ‘die armes in gedagte te hou’. En Paulus het “ywerig daarna gestreef om juis dit te doen”.—Galasiërs 2:7-10.
Gedurende keiser Claudius se bewind het ’n groot hongersnood verskeie dele van die Romeinse Ryk geteister. In reaksie daarop het Christene in Antiogië “besluit om, elkeen volgens wat hy kon bekostig, iets vir noodleniging aan die broers te stuur wat in Judea woon; en hulle het dit dan ook gedoen en dit deur die hand van Barnabas en Saulus aan die ouer manne gestuur”.—Handelinge 11:28-30.
Ware Christene van vandag besef ook dat volgelinge van Jesus besorgdheid moet toon oor die armes en dié wat hulp nodig het, veral onder medegelowiges (Galasiërs 6:10). Hulle is dus werklik besorg oor die materiële behoeftes van minderbevoorregtes. Byvoorbeeld, in 1998 het ’n hewige droogte ’n groot deel van Noordoos-Brasilië geteister. Die droogte het die rys-, boontjie- en mielieoeste vernietig, wat wydverspreide hongersnood veroorsaak het—die ergste in 15 jaar. Op sommige plekke het selfs drinkwater skaars geword. Jehovah se Getuies in ander dele van die land het onmiddellik noodlenigingskomitees gestig, en hulle het kort voor lank tonne voedsel bymekaargemaak en vir die vervoerkoste daarvan betaal.
Getuies wat die noodlenigingspogings ondersteun het, het geskryf: “Ons is baie bly dat Jakobus 2:15, 16 nie.” Hierdie Bybelverse sê: “As ’n broer of ’n suster in ’n naakte toestand is en die nodige voedsel vir die dag kortkom en een van julle nogtans vir hulle sê: ‘Gaan in vrede, bly warm en goed gevoed’, maar julle gee hulle nie die nodige vir hulle liggaam nie, watter nut het dit?”
ons ons broers kon help, veral omdat ons seker is dat ons Jehovah se hart bly gemaak het. Ons vergeet nooit die woorde vanIn een van die gemeentes van Jehovah se Getuies in die stad São Paulo sukkel ’n nederige en ywerige maar behoeftige Getuie dikwels om die pot aan die kook te hou. Sy sê: “Al lewe ek in armoede, het die Bybel se boodskap my lewe werklik sinvol gemaak. Ek weet nie wat van my sou geword het as mede-Getuies my nie gehelp het nie.” ’n Tydjie gelede het hierdie hardwerkende Christenvrou ’n operasie nodig gehad, maar sy kon nie die hospitaalrekening betaal nie. In hierdie spesifieke geval kon die Christenbroers en -susters in die gemeente die koste van die operasie dek. Ware Christene regoor die wêreld verleen gereeld hulp aan behoeftige medegelowiges.
Maar ongeag hoe hartverblydend hierdie ondervindinge is, dit is duidelik dat sulke opregte pogings nie armoede uit die weg sal ruim nie. Ten spyte van ’n mate van sukses kon selfs magtige regerings en groot internasionale noodlenigingsorganisasies nie die eeue oue probleem van armoede uit die weg ruim nie. Die vraag ontstaan dus: Wat sal die besliste oplossing wees vir armoede en die ander probleme wat die mensdom teister?
Bybelleringe voorsien blywende hulp
Die Evangelieverslae toon dat Jesus Christus gereeld goeie dade verrig het vir die armes of dié wat ander behoeftes gehad het (Matteus 14:14-21). Aan watter bedrywigheid het hy egter voorkeur gegee? By een geleentheid het Jesus, nadat hy tyd daaraan bestee het om mense te help wat hulp nodig gehad het, vir sy dissipels gesê: “Laat ons êrens anders heen gaan, in die nabygeleë dorpe in, sodat ek ook daar kan preek.” Waarom het Jesus die werk wat hy ten behoewe van die siekes en behoeftiges gedoen het, onderbreek om sy predikingswerk voort te sit? Hy het verduidelik deur te sê: “Daarvoor [dit wil sê om te preek] het ek uitgegaan” (Markus 1:38, 39; Lukas 4:43). Hoewel dit vir Jesus belangrik was om goeie werke te doen vir mense wat hulp nodig gehad het, was die verkondiging van God se Koninkryk sy vernaamste werk.—Markus 1:14.
Aangesien die Bybel Christene aanspoor om ‘Jesus se voetstappe noukeurig te volg’, het hedendaagse Christene duidelike riglyne wanneer dit kom by prioriteite wat hulle stel terwyl hulle ander probeer help (1 Petrus 2:21). Soos Jesus, help hulle mense wat hulp nodig het. Maar ook soos Jesus, gee hulle voorkeur aan die werk om die Bybel se boodskap oor die goeie nuus van God se Koninkryk aan ander te leer (Matteus 5:14-16; 24:14; 28:19, 20). Waarom moet die verkondiging van die boodskap wat in God se Woord gevind word, egter voorkeur geniet bo ander vorme van hulp aan ander?
Werklike ondervindinge van regoor die wêreld lig toe dat mense beter toegerus is om die daaglikse lewensprobleme, insluitende armoede, die hoof te bied as hulle die Bybel se 1 Timoteus 4:8). Watter hoop is dit?
praktiese raad verstaan en volg. Wat meer is, die Bybel se boodskap van God se Koninkryk wat Jehovah se Getuies vandag verkondig, gee mense ’n hoop vir die toekoms—’n hoop wat die lewe die moeite werd maak, selfs onder die moeilikste omstandighede (God se Woord gee ons die volgende versekering aangaande ons toekoms: “Daar is nuwe hemele en ’n nuwe aarde wat ons volgens [God se] belofte verwag, en daarin sal regverdigheid woon” (2 Petrus 3:13). Wanneer die Bybel van ‘die aarde’ praat, verwys dit soms na die mense wat op die aarde woon (Genesis 11:1). Die regverdige “nuwe aarde” wat belowe word, is dus ’n gemeenskap van mense wat God se goedkeuring wegdra. God se Woord belowe verder dat diegene wat deur God goedgekeur word, onder Christus se heerskappy die gawe van die ewige lewe sal ontvang en ’n bevredigende lewe in ’n aardse paradys sal geniet (Markus 10:30). Hierdie wonderlike toekoms is moontlik vir almal, insluitende die armes. Op daardie “nuwe aarde” sal die probleem van armoede vir ewig iets van die verlede wees.
[Venster/Prent op bladsy 7]
HOE SAL JESUS “DIE ARME VERLOS”?—Psalm 72:12
GEREGTIGHEID: “Laat hy die geteisterdes van die volk oordeel, laat hy die kinders van die arme red, en laat hy die bedrieër verbrysel” (Psalm 72:4). Gedurende Christus se heerskappy oor die aarde sal geregtigheid vir almal geskied. Daar sal geen plek wees vir korrupsie nie, ’n plaag wat baie lande met die potensiaal om ryk te wees, in armoede dompel.
VREDE: “In sy dae sal die regverdige bloei, en die oorvloed van vrede totdat die maan nie meer is nie” (Psalm 72:7). Baie van die armoede in die wêreld is die gevolg van menslike konflikte en oorlog. Christus sal volmaakte vrede op die aarde tot stand bring en sodoende een van die hoofoorsake van armoede uit die weg ruim.
MEDELYE: “Hy sal jammer voel vir die geringe en die arme, en die siel van die armes sal hy red. Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle siel verlos, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë” (Psalm 72:12-14). Die geringes, armes en onderdruktes sal deel word van een gelukkige mensegesin, wat verenig sal wees onder die leiding van die Koning Jesus Christus.
VOORSPOED: “Daar sal volop graan op die aarde wees” (Psalm 72:16). Gedurende Christus se heerskappy sal daar materiële voorspoed en volop voedsel wees. Mense sal nie ly weens die voedseltekorte en hongersnode wat vandag so dikwels armoede veroorsaak nie.
[Prent op bladsy 4, 5]
Jesus het persoonlike belangstelling getoon in die behoeftes van die armes
[Prent op bladsy 6]
Die Bybel se boodskap gee ware hoop