Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Wat veroorsaak dat “die begeerlike dinge van al die nasies” in die “huis” van ware aanbidding inkom?—Haggai 2:7.

Jehovah het deur die profeet Haggai voorspel: “Ek sal al die nasies skud, en die begeerlike dinge van al die nasies moet inkom; en ek sal hierdie huis met heerlikheid vul” (Haggai 2:7). Is dit die geskud van “al die nasies” wat veroorsaak dat “die begeerlike dinge” van die nasies—opregtes van hart—ware aanbidding aanneem? Die antwoord is nee.

Kyk waardeur die nasies geskud word en waartoe hierdie geskud lei. Die Bybel sê dat “die nasies in beroering [was] en . . . die volksgroepe iets leegs bly mompel” het (Psalm 2:1). Die “iets leegs” wat hulle “bly mompel”, of bepeins, is die voortbestaan van hulle eie soewereiniteit. Niks skud hulle meer as iets wat ’n bedreiging vir hulle heerskappy inhou nie.

Die wêreldwye verkondiging van God se opgerigte Koninkryk deur Jehovah se Getuies het presies so ’n bedreiging vir die nasies geword. Die Messiaanse Koninkryk van God in die hande van Jesus Christus gaan immers “al [die mensgemaakte] koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak” (Daniël 2:44). Die oordeelsboodskap wat deel van ons predikingswerk uitmaak, veroorsaak ’n skudding onder die nasies (Jesaja 61:2). En die geskud word erger namate die predikingswerk in omvang en intensiteit toeneem. Waarvan is die geskud wat in Haggai 2:7 voorspel word, ’n voorteken?

In Haggai 2:6 lees ons: “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Nog een keer—net ’n klein rukkie—en ek skud die hemel en die aarde en die see en die droë grond.’” Die apostel Paulus het uit hierdie vers aangehaal en geskryf: “Hy [het] beloof en gesê: ‘Nog een keer sal ek nie net die aarde in beroering bring nie, maar ook die hemel.’ En die uitdrukking ‘Nog een keer’ dui op die verwydering van die dinge wat geskud word as dinge wat gemaak is, sodat die dinge wat nie geskud word nie [die Koninkryk], kan bly” (Hebreërs 12:26, 27). Ja, die hele teenswoordige stelsel van dinge sal geskud, vernietig, word om plek te maak vir die nuwe wêreld wat God tot stand sal bring.

Opregtes van hart word tot ware aanbidding aangetrek, maar nie omdat die nasies geskud word nie. Dieselfde bedrywigheid wat hulle tot Jehovah en sy aanbidding aantrek, veroorsaak ook dat die nasies geskud word, naamlik die wêreldwye verkondiging van God se opgerigte Koninkryk. Die bekendmaking van die ‘blye tyding van ewige goeie nuus’ trek persone met die regte gesindheid aan tot die aanbidding van die ware God.—Openbaring 14:6, 7.

Die Koninkryksboodskap is ’n boodskap van oordeel en van redding (Jesaja 61:1, 2). Die resultaat van die wêreldwye verkondiging daarvan is tweevoudig: die nasies word geskud en die begeerlike dinge van die nasies kom in tot heerlikheid van Jehovah.