Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Televisie—’n Goeie kinderoppasser?

Televisie—’n Goeie kinderoppasser?

Televisie—’n Goeie kinderoppasser?

SOMS is dit dalk ’n groot versoeking om jou kinders besig te hou deur hulle televisie te laat kyk terwyl jy na ander dinge omsien. Maar watter uitwerking kan dit op jou kinders hê?

“Selfs jong babas kan beïnvloed word deur emosionele boodskappe wat deur middel van die televisie oorgedra word”, berig The New York Times. In ’n onlangse studie is eenjariges kort tonele op die televisie gewys waarin ’n aktrise verskillende reaksies op ’n speelding getoon het. “Wanneer die aktrise met vrees op ’n speelding gereageer het”, sê die Times, “wou die babas nie daarmee speel nie en was hulle meer geneig om bekommerd te lyk, te frons of te huil. Wanneer die aktrise entoesiasties was, was die babas meer geneig om met die speelding te speel.”

Dit is duidelik dat televisie ’n uitwerking op klein kindertjies kan hê. Maar wat van die langtermyninvloed op kinders? Dr. Naoki Kataoka, professor in pediatrie aan die Kawasaki- Mediese Kollege in Koerasjiki, Japan, het al tientalle kinders gesien wat besonder stil is en wie se gesigte bykans uitdrukkingloos is. Almal van hulle het vir lang tye TV of video’s gekyk. ’n Tweejarige seun kon nie ’n gesprek voer nie en het ’n beperkte woordeskat gehad. Vandat hy een jaar oud was, het hy elke dag, van die oggend tot die aand, video’s gekyk. Eers nadat sy ma, in ooreenstemming met die dokter se raad, opgehou het om die seun na video’s te laat kyk en begin het om fisiese kontak met hom te hê deur met hom te speel, het die seun se woordeskat geleidelik verbeter. Ja, ouers moet interaksie met hulle kinders hê.

Jehovah God, die Insteller van die gesinsreëling, het die belangrikheid van die beste soort interaksie beklemtoon. Lank gelede het hy vir sy volk gesê: “Jy moet [God se woorde] by jou kind inskerp en daaroor praat wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op die pad loop en wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan” (Deuteronomium 6:7). Ouers, nie die televisie nie, kan hulle kinders op die beste manier deur woord en daad oplei, “volgens die weg” vir hulle.—Spreuke 22:6.