Hulle verheug hulle daarin om God se wil te doen
Hulle verheug hulle daarin om God se wil te doen
JESUS het vir alle Christene ’n voorbeeld gestel deur in ’n gebed tot sy Vader te sê: “Laat . . . nie my wil nie, maar u wil geskied” (Lukas 22:42). Hierdie nederige woorde wat van onderworpenheid aan Jehovah getuig, word vandag deur miljoene van God se knegte beaam. Onder hulle is die 52 studente van die 120ste klas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead. Op 11 Maart 2006 was die graduerende klas verheug oor die vooruitsig om God se wil in verskeie lande te doen, selfs onder moeilike omstandighede.
Wat beweeg hierdie gegradueerdes om toe te laat dat Jehovah se wil hulle lewe rig? Chris en Leslie, ’n paartjie wat as sendelinge in Bolivia gaan dien, stel dit so: “Aangesien ons onsself verloën het, wil ons ons beskikbaar stel om enigiets te doen wat Jehovah se organisasie van ons vra” (Markus 8:34). Jason en Chere, wat in Albanië gaan dien, voeg hierby: “Elke toewysing wat ons al van Jehovah se organisasie ontvang het, het sy uitdagings gehad. Maar ons het gevind dat Jehovah ons volle vertroue verdien.”
Aanmoediging om hulle aan Jehovah se wil te onderwerp
George Smith, ’n lid van die Bethelgesin wat in die Kunsafdeling dien, het die gradueringsprogram met gebed geopen. Stephen Lett, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies en die voorsitter van die gradueringsprogram, het almal in die gehoor welkom geheet. Gaste uit 23 lande het na die Wagtoring-onderrigsentrum in Patterson, New York, gereis om hierdie vreugdevolle geleentheid by te woon. Broer Lett het vir die graduerende klas gesê dat hulle “iets baie kragtigs” gaan verrig. Hy het die aandag gevestig op “sterk verskanste dinge”—soos valse leerstellings—wat die nuwe sendelinge met die krag van die Skrif omver sal kan werp (2 Korintiërs 10:4, 5). Hy het afgesluit: “Watter vreugde sal dit julle tog verskaf om deur Jehovah gebruik te word om sterk verskanste dinge omver te werp in die opregtes van hart in julle toewysings!”
Harold Jackson, ’n lid van die hoofkantoorpersoneel, het die tema bespreek: “’n Paar dinge om te onthou.” Hy het gemeld dat die nuwe sendelinge nooit moet vergeet om ‘eers die koninkryk en God se regverdigheid te soek’ nie (Matteus 6:33). Hulle moet onthou dat ‘liefde opbou’ en ’n onfeilbare sleutel tot sukses is (1 Korintiërs 8:1). Hy het gesê: “Laat liefde julle altyd rig in julle handelinge met ander.”
Daarna het Geoffrey Jackson, ’n lid van die Bestuursliggaam wat van 1979 tot 2003 as ’n sendeling gedien het, die gegradueerdes gevra: “Is dit julle verantwoordelikheid?” Hy het beklemtoon dat ’n mens ’n gebalanseerde beskouing van jouself en die bediening moet hê. Christene het die verantwoordelikheid om hard te werk om saadjies van waarheid te plant en nat te maak. 1 Korintiërs 3:6-9). Broer Jackson het bygevoeg: “Jehovah beskou dit as julle verantwoordelikheid om geestelik sterk te bly. Maar wat is julle grootste verantwoordelikheid? Om Jehovah lief te hê en om die mense lief te hê wat julle gaan dien.”
Maar Jehovah is verantwoordelik vir die geestelike groei, aangesien dit “God [is] wat dit laat groei” (Die Gileadinstrukteur Lawrence Bowen het die tema bespreek: “Weet hoe jy jou behoort te gedra.” Hy het die studente daaraan herinner dat Jehovah die Israeliete op wonderdadige wyse deur die wildernis heen gelei en beskerm het (Eksodus 13:21, 22). Hy lei en beskerm ons vandag, deels deur middel van die gesalfde Christengemeente, “’n pilaar en stut van die waarheid” (1 Timoteus 3:14, 15). Die nuwe sendelinge moet voorstanders wees van die waarheid, wat leiding en beskerming aan nederiges gee.
Wallace Liverance, wat ook ’n Gileadinstrukteur is, het die gegradueerdes aangespoor om Jesaja 30:21; Matteus 24:45-47). Die Gileadskool het die gegradueerdes gehelp om toe te neem in hulle waardering vir hierdie slaafklas. Die “slaaf” het selfs die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif voorsien. Die spreker het die gegradueerdes aangespoor: “Neem hierdie skatkis van inligting, en gebruik dit om ander te leer.”—Matteus 13:52.
nie die woord van God te vergeet wat “agter” hulle is nie. God se woord is agter ons in die sin dat die Bybel eeue gelede voltooi is. Soos ’n herder wat agter ’n kudde skape uitroep, is Jehovah agter sy volk en voorsien hy leiding aan hulle deur middel van “die getroue en verstandige slaaf” (Doen Jehovah se wil in die veldbediening
In die programdeel “Gretig om die goeie nuus bekend te maak”, het die Gileadinstrukteur Mark Noumair die aandag gevestig op party van die ondervindinge wat die gegradueerdes in die openbare bediening gehad het terwyl hulle die Gileadskool bygewoon het (Romeine 1:15). Onderhoude met gegradueerdes het aan die lig gebring dat hulle beslis besonderse gretigheid getoon het om by elke geleentheid te getuig.
Die gegradueerdes het verdere aanmoediging geput uit ’n onderhoud wat Kenneth Flodin gevoer het met drie reisende opsieners wat nou in die Verenigde State dien. Richard Keller en Alejandro Lacayo, wat voorheen in Suid- en Sentraal-Amerika gedien het, het verduidelik hoe hulle verskeie beproewinge die hoof gebied het en het van die seëninge gemeld wat hulle ontvang het terwyl hulle as sendelinge gedien het. Moacir Felisbino het vertel van die opleiding wat hy ontvang het terwyl hy ten nouste saam met sendelinge in Brasilië gewerk het, waar hy grootgeword het.
David Schafer het ’n onderhoud gevoer met drie ervare sendelinge, Robert Jones, Woodworth Mills en Christopher Slay. Die drie broers het vertel hoe hulle geleer het om tydens ontberinge met vertroue in Jehovah op te tree. Hulle het die klas verseker dat die opleiding wat hulle van Jehovah se organisasie ontvang het, hulle goed voorberei het vir hulle sendingtoewysings. Broer Mills het dit so opgesom: “Dit was nie die akademiese aspek van Gilead wat my die meeste gehelp het nie, maar wat die skool my oor nederigheid en liefde geleer het.”
Guy Pierce, ’n lid van die Bestuursliggaam, het die hooftoespraak gehou met die titel: “Jehovah sal nooit faal nie.” Adam het gefaal, maar het dit beteken dat God gefaal het? Het God daarin gefaal om Adam volmaak te skep, soos party mense sê? Glad nie, want “die ware God [het] die mensdom regskape gemaak” (Prediker 7:29). Jesus se weg van onkreukbaarheid toe hy op aarde aan die grootste toets onderwerp is, het bewys dat “Adam geen verskoning, geen rede, gehad het om te faal nie”, het die spreker gesê. Adam se toets van gehoorsaamheid in die tuin van Eden was nie naastenby so moeilik soos die toets wat Jesus suksesvol die hoof gebied het nie. En tog het Adam gefaal. Maar Jehovah sal nooit faal nie. Sy voorneme sal verwesenlik word (Jesaja 55:11). Broer Pierce het vir die nuwe sendelinge gesê: “Julle het die voorreg om Jehovah met julle selfopofferende gees te vereer. Mag Jehovah met elkeen van julle wees waar julle hom ook al as sendelinge dien.”
Nadat die voorsitter, broer Lett, die groete van verskeie takkantore van Jehovah se Getuies oorgedra het, het hy die gegradueerdes se diplomas en toewysings aan hulle oorhandig. Vernon Wisegarver, wat al lank ’n lid van die Bethelgesin is, het die gehoor in ’n slotgebed verteenwoordig.
Die 6 872 wat teenwoordig was, het gevoel dat die gradueringsprogram hulle ywer hernieu het om God se wil te doen (Psalm 40:8). Andrew en Anna, twee van die gegradueerdes, het gesê: “Ons het ons lewe aan Jehovah toegewy. Ons het ’n belofte aan Jehovah gemaak om enigiets te doen wat hy van ons vra. En nou het Jehovah ons gevra om na Kameroen, Afrika, te gaan.” Hulle en die ander lede van die graduerende klas is gretig om met ’n loopbaan te begin wat vervullend en bevredigend sal wees. Ja, hulle verheug hulle daarin om God se wil te doen.
[Venster op bladsy 17]
KLASSTATISTIEK
Aantal lande verteenwoordig: 6
Aantal lande waarheen gestuur: 20
Aantal studente: 52
Gemiddelde ouderdom: 35,7
Gemiddelde jare in waarheid: 18,3
Gemiddelde jare in voltydse diens: 14,5
[Prent op bladsy 18]
120ste Gradueringsklas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead
In die lys hieronder word die rye van voor na agter genommer, en name word van links na regs in elke ry aangegee.
(1) Wright, S.; Suárez, B.; Croisant, B.; Davenport, L. (2) Johnson, A.; Ali, C.; Cady, K.; Guerrero, P.; Ases, A. (3) Ortiz, L.; Lyall, K.; Uzeta, M.; Perez, R.; Backus, K.; Caterina, C. (4) Palmer, B.; Loving, D.; Macdonough, J.; Bostock, D.; Benetatos, L. (5) Jasicki, M.; Sarafianos, E.; Stelter, C.; Vaira, R.; Woon, J.; Prentice, K. (6) Davenport, H.; Croisant, H.; Perez, M.; Vaira, E.; Suárez, A.; Caterina, I.; Wright, C. (7) Cady, K.; Macdonough, J.; Ortiz, M.; Woon, J.; Ali, J.; Ases, M. (8) Sarafianos, G.; Lyall, D.; Uzeta, C.; Stelter, P.; Prentice, G.; Johnson, A.; Benetatos, C. (9) Palmer, J.; Jasicki, W.; Backus, J.; Bostock, S.; Guerrero, J. M.; Loving, S.