Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Besoek wat ’n ommekeer teweeggebring het

’n Besoek wat ’n ommekeer teweeggebring het

’n Besoek wat ’n ommekeer teweeggebring het

“EK KON nie wag om my gesin te vertel van die twee ‘engele’ wat God na my toe gestuur het nie.” Dit was die woorde van ’n man wat deur twee jong vroue, Getuies van Jehovah, besoek is. ’n Paar weke voor hulle besoek het hy sy vrou, ná 45 jaar van getroude lewe, aan die dood afgestaan. Hy was verpletter. Sy volwasse kinders het hom vertroos, maar hulle het ver van hom af gewoon. Geen vriende en bure het hom besoek nie.

“Ek en God is nie juis vriende nie”, het die man vir die jong vroue gesê toe hulle hom besoek het. Maar hulle was simpatiek en het ’n Bybeltraktaat by hom gelaat met die titel Watter hoop vir afgestorwe dierbares? Hy het dit daardie aand gelees en vertroosting gevind.

Kort daarna het die twee Christenvroue na hom toe teruggegaan. Hulle het onthou hoe hartseer hy tydens die vorige besoek was en wou hoor hoe dit met hom gaan. “Ek was verstom”, het die man later geskryf, “dat twee volslae vreemdelinge omgegee het vir my en besorg was oor my welstand.” Hy is bemoedig deur die gedagtes wat hulle uit die Bybel met hom bespreek het. Die vroue het gesê dat hulle hom weer sou besoek. Die man was verheug en is beweeg om die bogenoemde woorde te skryf in ’n brief wat hy na die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies gestuur het.

Voordat hy nader aan een van sy kinders getrek het, het hierdie man ’n Christelike vergadering van Jehovah se Getuies bygewoon en ’n ete saam met die gesin van een van die jong vroue geniet. Hy het geskryf: “Ek trek uit die gebied uit, maar daardie jongmense en julle kerk sal altyd ’n plek in my hart en in my gebede hê. Ja, ek bid nou—en baie ook. Ek het ’n algehele ommekeer gehad. Daardie jongmense het ’n groot aandeel daaraan gehad, en ek sal hulle altyd dankbaar wees.”