“As gevolg van ’n negejarige seun”
“As gevolg van ’n negejarige seun”
ELKE keer as Jehovah se Getuies aan haar deur geklop het, het Wiesława, wat in die suide van Pole woon, hulle beleef bedank en dan weggewys. Eendag het die negejarige Samuel en sy ma aan haar deur geklop. Hierdie keer het Wiesława besluit om na die boodskap te luister, en sy het ’n tydskrif geneem wat gehandel het oor ’n paradys op aarde.
Omdat die Herdenking van Jesus Christus se dood naby was, wou Samuel graag vir Wiesława na hierdie spesiale geleentheid nooi. Hy en sy ma het haar dus weer besoek, hierdie keer met ’n gedrukte uitnodiging. Toe sy sien hoe netjies die seun geklee is, het Wiesława haar verskoon en iets anders gaan aantrek. Toe sy terugkeer, het sy na Samuel geluister, die uitnodiging aanvaar en gevra: “Moet ek alleen kom of saam met my man?” Toe het sy bygevoeg: “Selfs al kan my man nie kom nie, sal ek kom. Ek sal dit vir jou doen, Samuel.” Tot Samuel se vreugde het sy haar woord gehou.
Gedurende die Gedenkmaaltoespraak het Samuel langs Wiesława gesit en vir haar die tekste gewys wat bespreek is. Dit het haar beïndruk. Sy het die Gedenkmaal geniet en dit waardeer dat die diep gedagtes op ’n eenvoudige manier verduidelik is. Sy is ook geraak deur die hartlike ontvangs wat sy gegee is en die vriendelikheid van die gemeente. Sedertdien het Wiesława groter waardering vir geestelike dinge opgebou en gereeld met Jehovah se Getuies begin omgaan. Sy het onlangs gesê: “Ek kry skaam dat ek nie voorheen na julle geluister het wanneer julle aan my deur geklop het nie. En ek moet erken dat ek slegs na julle boodskap geluister het as gevolg van ’n negejarige seun, as gevolg van Samuel.”
Soos Samuel in Pole, is daar baie ander jong Getuies van Jehovah wat God met hulle mond en deur hulle goeie maniere en gedrag loof. As jy jonk is, kan jy dalk ook opregte mense help om waardering vir heilsame geestelike waardes op te bou.