Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Hoe lief het ek u wet tog!”

“Hoe lief het ek u wet tog!”

“Hoe lief het ek u wet tog!”

PSALM 119 is ’n lied oor hoe die psalmis oor God se geïnspireerde boodskap, of woord, gevoel het. Die psalmis sing: “In my hart het ek u woord as ’n skat bewaar.” “Vir u insettinge sal ek ’n liefde toon.” “My siel is verbryseld van verlange na u regterlike beslissings, altyddeur.” “Ek [is] lief vir u herinneringe.” “Ek het na u bevele verlang.” “Ek sal ’n liefde toon vir u gebooie wat ek liefgehad het.” “Ek sal u voorskrifte oordink.” “Hoe lief het ek u wet tog! Die hele dag oordink ek dit.”—Psalm 119:11, 16, 20, 24, 40, 47, 48, 97.

Watter hartgrondige waardering het die psalmis tog vir God se geopenbaarde woord gehad! Voel jy dieselfde oor die boodskap van God se Woord, die Bybel? Sal jy graag so ’n liefde daarvoor wil aankweek? Indien wel, moet jy eerstens ’n gewoonte daarvan maak om die Bybel gereeld te lees, daagliks indien moontlik. Jesus Christus het gesê: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit Jehovah se mond kom” (Matteus 4:4). Tweedens moet jy peins oor wat jy lees. As jy nadink oor die waarheid omtrent God, sy eienskappe, sy wil en sy voorneme, sal jou waardering vir die Bybel groter word (Psalm 143:5). En jy kan gerus die goeie raad daarin in jou daaglikse lewe toepas.—Lukas 11:28; Johannes 13:17.

Hoe sal jy baat vind as jy ’n liefde aankweek vir wat die Bybel sê? “Gelukkig is dié wat [God se] herinneringe onderhou”, sê Psalm 119:2. Die herinneringe in die Bybel sal jou help om probleme in die lewe suksesvol die hoof te bied (Psalm 1:1-3). Jy sal wysheid, insig en begrip verkry, wat jou sal help om ‘jou voete van elke slegte pad terug te hou’ (Psalm 119:98-101). As jy die waarheid omtrent God en sy voorneme vir die aarde ken, sal jou lewe betekenisvoller en jou hoop vir die toekoms helderder wees.—Jesaja 45:18; Johannes 17:3; Openbaring 21:3, 4.

Jehovah se Getuies stel baie daarin belang om ander te help om die Bybel beter te leer ken en ’n liefde vir die boodskap daarvan aan te kweek. Ons nooi jou hartlik uit om die aanbod hieronder te aanvaar.