Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Waarom is ons hier?”

“Waarom is ons hier?”

“Waarom is ons hier?”

ELIE WIESEL, ’n Nobelpryswenner en oorlewende van die Nazi-slagting, het dit eenkeer “die belangrikste vraag waarvoor ’n mens te staan kan kom”, genoem. Wat is dit? Die vraag: “Waarom is ons hier?”

Het jy al ooit oor hierdie vraag gewonder? Baie het, maar die antwoord ontwyk hulle. In sy poging om die betekenis van die lewe te identifiseer, het die Britse geskiedskrywer Arnold Toynbee geskryf: “Die ware doel van die mens is om God te verheerlik en jou vir ewig in Hom te verlustig.”

Dit is interessant dat ’n ander man, wat bekend was as ’n skerpsinnige waarnemer van die lewe, reeds meer as drie millenniums gelede die basiese antwoord gevind het. Die wyse koning Salomo het gesê: “Die slot van die saak, nadat alles gehoor is, is: Vrees die ware God en onderhou sy gebooie. Want dit is die hele verpligting van die mens.”—Prediker 12:13.

God se Seun, Jesus Christus, het met hierdie grondbeginsel saamgestem. Terwyl hy op die aarde was, het Jesus alles in sy vermoë gedoen om sy hemelse Vader te verheerlik. Dit het Jesus se lewe verryk om sy Skepper te dien. Dit het hom verkwik en onderskraag sodat hy kon sê: “My voedsel is om die wil te doen van hom wat my gestuur het.”—Johannes 4:34.

Waarom is ons dus hier? Soos Jesus, Salomo en baie ander knegte van God, kan ons ware betekenis en blywende geluk in die lewe vind deur God se wil te doen. Wil jy meer weet oor hoe ons God “met gees en waarheid” kan aanbid? (Johannes 4:24). Jehovah se Getuies in jou omgewing sal jou met graagte help om die vraag te beantwoord: “Waarom is ons hier?”