Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Daniel en sy byeenkomslapelkaart

Daniel en sy byeenkomslapelkaart

Daniel en sy byeenkomslapelkaart

JESUS het eiegeregtige godsdiensleiers bestraf wat verontwaardig geraak het toe hulle sien hoe jong seuns God in die openbaar loof. Jesus het hulle tereg gevra: “Het julle nooit gelees nie: ‘Uit die mond van klein kindertjies en suigelinge het u lof berei’?”—Matteus 21:15, 16.

Die sesjarige Daniel, wat in ’n Russiese gemeente in Duitsland is, lewer bewys dat jongmense Jehovah nog steeds loof. Hy het saam met sy ma en suster ’n streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies in Duisburg bygewoon. Dit was die eerste keer dat hulle so ’n groot byeenkoms bygewoon het. Alles was nuut: die hotel, die groot gehoor, om drie dae lank stil te sit, die doop, om nie eens te praat van die drama nie. En wat van Daniel? Sy gedrag was voorbeeldig.

Die Maandag ná die streekbyeenkoms het Daniel, weer terug by die huis, vroeg opgestaan om kleuterskool toe te gaan. Maar wat was nog steeds op sy baadjie? Die lapelkaart wat hy na die byeenkoms toe aangehad het! Sy ma het aan hom verduidelik: “Die byeenkoms is verby. Jy kan jou lapelkaart nou maar afhaal.” Maar Daniel het gesê: “Ek wil hê almal moet sien waar ek was en weet wat ek geleer het.” Daarom het hy die hele dag by die kleuterskool sy lapelkaart met trots gedra. Toe sy juffrou hom daaroor uitvra, het hy haar van die byeenkomsprogram vertel.

Daniel het sodoende die voorbeeld van duisende seuns en meisies gevolg wat Jehovah deur die eeue heen in die openbaar geloof het.