Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Vrae van lesers

In watter sin het die byeenbringer net “een man uit duisend” gevind, maar nie “’n vrou . . . onder hulle almal” nie?—Prediker 7:28.

Om hierdie geïnspireerde woorde reg te verstaan, moet ons eers God se beskouing van vroue verstaan. Die Bybel verwys na die weduwee Naomi se skoondogter Rut as “’n voortreflike vrou” (Rut 3:11). Volgens Spreuke 31:10 is ’n goeie vrou “baie meer werd as korale” (An American Translation). Wat het koning Salomo van eertydse Israel dan bedoel toe hy gesê het: “Ek het een opregte man uit ’n duisend gevind, maar nooit ’n opregte vrou nie”?—Moffatt.

Die konteks toon dat vroue in Salomo se dag waarskynlik lae sedelike standaarde gehad het (Prediker 7:26). Dit was dalk grootliks te wyte aan die invloed van uitlandse vroue wat Baälaanbidding beoefen het. Selfs koning Salomo het geswig voor die druk van sy talle uitlandse vroue. “Hy het sewehonderd vrouens gehad, vorstinne, en driehonderd byvrouens”, sê die Bybel, “en sy vrouens het sy hart geleidelik laat afwyk” om valse gode te aanbid (1 Konings 11:1-4). Mans het ook nie hoë sedelike standaarde gehad nie—een regverdige man uit ’n duisend is min, amper onbeduidend. “Net dít het ek gevind”, is die slotsom wat Salomo bereik, “dat die ware God die mensdom regskape gemaak het, maar hulle het baie planne bedink” (Prediker 7:29). Dit is ’n gevolgtrekking oor die mensdom, nie oor die man in vergelyking met die vrou nie. Die woorde in Prediker 7:28 moet dus beskou word as ’n opmerking oor die algemene sedelike toestand van die mense in Salomo se dag.

Maar daar is nog ’n moontlike betekenis van hierdie vers. Dit is moontlik ook profeties, aangesien geen vrou al ooit volmaakte gehoorsaamheid aan Jehovah gegee het nie. Maar daar was wel so ’n man—Jesus Christus.—Romeine 5:15-17.

[Prent op bladsy 31]

““Een man uit duisend”