Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Maklik, ja, maar akkuraat?

Maklik, ja, maar akkuraat?

Maklik, ja, maar akkuraat?

IN September 2005 het die Anglikaanse Kerk die vrystelling van The 100-Minute Bible ten volle ondersteun. Die nuwe weergawe, wat in 100 minute gelees kan word, verkort die Hebreeuse Geskrifte tot 17 dele van een bladsy elk en die Griekse Geskrifte tot 33 en laat sodoende, soos een resensent dit stel, al daardie “vervelige stukkies” uit. Dit is maklik om te lees, ja, maar is dit akkuraat?

Benewens die weglating van die goddelike naam, Jehovah, sal ernstige Bybelstudente ’n aantal ander afwykings opmerk (Psalm 83:18). Byvoorbeeld, deel 1 sê dat God “die hemel en die aarde oor ’n tydperk van ses dae geskep het”. Maar Genesis 1:1 sê eenvoudig: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.” Daarna beskryf die oorspronklike verslag verdere skeppingsdade met betrekking tot die aarde, wat ses “dae”, of tydperke, geduur het. Dan som Genesis 2:4 die hele skeppingstydperk op en noem dit “die dag toe Jehovah God die aarde en die hemel gemaak het”.

Volgens The 100-Minute Bible is Job, ’n man van onkreukbaarheid, aangeval deur “een van [God se] knegte, Satan, . . . wie se verantwoordelikheid dit was om as die beskuldiger van die mensdom op te tree”. Sien jy die teenstrydigheid hier? Die woord “Satan” beteken “Teenstander”. Satan is nie God se kneg nie, maar is in werklikheid God se aartsvyand en die selfaangestelde beskuldiger van die mensdom.—Openbaring 12:7-10.

Wat van die Christelike Griekse Geskrifte in The 100-Minute Bible? In die gelykenis van die skape en die bokke sê die nuwe weergawe dat Jesus diegene begunstig wat “enigiemand, ongeag hoe onbelangrik”, gehelp het, terwyl Jesus in werklikheid gesê het dat hy diegene seën wat goed doen aan sy voetstapnavolgers—sy “broers” (Matteus 25:40). Die samevatting van Openbaring vertel die lesers dat “Rome, die groot Babilon, heeltemal vernietig sal word”. Bybelstudente weet egter dat niks in die oorspronklike geskrifte so ’n identifikasie van “Babilon die Grote” regverdig nie.—Openbaring 17:15–18:24.

Vir diegene wat ons Skepper wil leer ken en sy voorneme wil verstaan, kan daar geen plaasvervanger vir die volledige Bybel wees nie. Dit sal weliswaar meer as 100 minute neem om die Bybel te lees, maar dit bring onskatbare seëninge mee (Johannes 17:3). Mag jy hierdie uitdaging aanvaar en self die seëninge ontvang.—2 Timoteus 3:16, 17.