Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Voorbeeld van eerlikheid

’n Voorbeeld van eerlikheid

’n Voorbeeld van eerlikheid

NELMA, ’n haarkapster in Cruzeiro do Sul, Brasilië, het onlangs voor ’n toets van haar Christelike onkreukbaarheid te staan gekom. Toe ’n oorstroming haar omgewing getref het, het een van Nelma se kliënte vir haar klere geskenk. Terwyl sy deur die klere gegaan het, het sy in die sakke van ’n paar langbroeke geld ter waarde van R7 400 gekry.

Die geld wat Nelma gekry het, was gelykstaande aan ongeveer sewe maande se salaris, en sy het dit werklik nodig gehad. Haar huis is deur die oorstroming beskadig, en haar pa en broers en susters het die meeste van hulle besittings verloor. Met dié geld kon sy die herstelwerk aan haar huis voltooi en nog oorhê om haar familie te help. Nelma se Bybelopgeleide gewete het haar egter nie toegelaat om die geld te hou nie.—Hebreërs 13:18.

Die volgende dag het sy vroeg, voor werk, die sakevrou wat die klere geskenk het, gebel. Nelma het haar vir die klere bedank, maar bygevoeg dat sy nie kon hou wat sy in die sakke gevind het nie. Die vrou was baie bly om die geld terug te kry. Sy het dit opsygesit om haar werknemers te betaal. “Eerlikheid is nie iets wat ’n mens dikwels teëkom nie”, het die vrou gesê.

Ja, party voel dalk dat eerlikheid nie juis verdienstelik is nie. Tog is eerlikheid ’n eienskap wat hoog aangeskryf word deur diegene wat die ware God, Jehovah, probeer behaag (Efesiërs 4:25, 28). “Ek sou snags nie kon slaap as ek anders opgetree het nie”, het Nelma gesê.