Bring offerandes wat God behaag
Bring offerandes wat God behaag
“LEWE spruit voort uit die dood—so het die Asteke geglo, wat menseoffers gebring het op ’n skaal wat in Mesoamerika ongeëwenaard was”, sê die boek The Mighty Aztecs. “Namate die ryk uitgebrei het”, sê die boek verder, “het net bloed en nog bloed die wankelrige vertroue daarin lewend gehou.” Volgens ’n ander naslaanwerk het die aantal menseoffers wat die Asteke gebring het, 20- 000 per jaar bereik.
Deur die hele geskiedenis heen het mense weens vrees en onsekerheid of as gevolg van skuldgevoelens en berou, offerandes van die een of ander aard aan hulle gode gebring. Die Bybel toon daarenteen dat sekere offerandes deur die almagtige God, Jehovah, ingestel is. Dit sal dus gepas wees om te vra: Watter soort offerandes behaag God? En moet offers en offerandes vandag deel van aanbidding wees?
Offers en offerandes in ware aanbidding
Toe die nasie Israel gevorm is, het Jehovah duidelike instruksies gegee oor hoe hy wou hê die Israeliete hom moet aanbid, en dit het offers en offerandes ingesluit (Numeri, hoofstukke 28 en 29). Party van die offers het uit die opbrengs van die aarde bestaan; ander het offerandes van diere soos bulle, skape, bokke, duiwe en tortelduiwe ingesluit (Levitikus 1:3, 5, 10, 14; 23:10-18; Numeri 15:1-7; 28:7). Daar was heelbrandoffers wat geheel en al deur vuur verteer moes word (Eksodus 29:38-42). Daar was ook gemeenskapsoffers, waaraan dié wat dit gebring het, deel gehad het deur te eet van wat aan God geoffer is.—Levitikus 19:5-8.
Al die offers en offerandes wat onder die Mosaïese Wet aan God gebring is, was ’n manier om God te aanbid en hom as die Soewerein van die heelal te erken. Deur middel van hierdie offerandes het die Israeliete hulle dankbaarheid teenoor Jehovah getoon vir sy seën en beskerming asook vergifnis van hulle sondes verkry. Solank hulle Jehovah se vereistes vir aanbidding getrou nagekom het, is hulle ryklik geseën.—Spreuke 3:9, 10.
Vir Jehovah was die gesindheid van dié wat die offerandes gebring het, die belangrikste. Deur middel van sy profeet Hosea het Jehovah gesê: “In liefderyke goedhartigheid het ek behae geskep, en nie in offerande nie; en Hosea 6:6). Toe die volk van ware aanbidding afgedwaal het en hulle losbandig gedra en onskuldige bloed vergiet het, was die offerandes wat hulle op Jehovah se altaar aangebied het, dus van geen waarde nie. Daarom het Jehovah deur Jesaja vir die nasie Israel gesê: “Van watter nut is die menigte van julle offerandes vir my? . . . Ek het genoeg gehad van heelbrandoffers van ramme en die vet van vetgevoerde diere; en in die bloed van jong bulle en ramlammers en bokramme het ek geen behae geskep nie.”—Jesaja 1:11.
in die kennis van God eerder as in heelbrandoffers” (“Iets wat ek nie beveel het nie”
In skerp teenstelling met die Israeliete het die inwoners van Kanaän hulle kinders as offerandes aan hulle gode gebring, insluitende die Ammonitiese god genaamd Molog, wat ook as Milkom bekend gestaan het (1 Konings 11:5, 7, 33; Handelinge 7:43). Halley’s Bible Handbook sê: “Die Kanaäniete het aanbid deur middel van growwe onsedelikheid, wat as ’n godsdiensritus in die teenwoordigheid van hulle gode beoefen is; en dan deur hulle eersgebore kinders te vermoor, as ’n offerande aan hierdie selfde gode.”
Het hierdie gebruike Jehovah God behaag? Beslis nie. Toe die Israeliete op die punt gestaan het om die land Kanaän binne te gaan, het Jehovah hulle die gebod gegee wat in Levitikus 20:2, 3 opgeteken is: “Jy moet vir die kinders van Israel sê: ‘Enige man van die kinders van Israel en enige inwonende vreemdeling wat as ’n vreemdeling in Israel woon, wat enigeen van sy nageslag aan Molog gee, moet vir seker doodgemaak word. Die volk van die land moet hom met klippe doodgooi. En wat my betref, ek sal my aangesig teen dié man rig, en ek sal hom uitroei onder sy volk uit, want hy het van sy nageslag aan Molog gegee met die doel om my heiligdom te verontreinig en my heilige naam te ontheilig.’”
Hoe ongelooflik dit ook al mag klink, party Israeliete wat van ware aanbidding afgedwaal het, het hierdie demoniese gebruik om hulle kinders aan valse gode te offer, aangeneem. Psalm 106:35-38 sê hieroor: “Hulle het hulle met die nasies vermeng en hulle werke geleer. En hulle het hulle afgode bly dien, en dié het vir hulle ’n strik geword. En hulle het hulle seuns en hulle dogters aan demone geoffer. So het hulle onskuldige bloed bly vergiet, die bloed van hulle seuns en hulle dogters, wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het; en die land is met bloedvergieting besoedel.”
Jehovah het sy afsku van hierdie gebruik uitgespreek toe hy deur sy profeet Jeremia oor die kinders van Juda gesê het: “Hulle het hulle walglike dinge in die huis gesit waaroor my naam uitgeroep is, om dit te verontreinig. En hulle het die hoogtes Jeremia 7:30, 31.
van Tofet gebou, wat in die vallei van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters in die vuur te verbrand, iets wat ek nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie.”—Omdat die nasie Israel sulke walglike gebruike beoefen het, het hulle op die ou end God se guns verloor. Hulle hoofstad, Jerusalem, is uiteindelik vernietig, en die volk is as gevangenes na Babilon weggevoer (Jeremia 7:32-34). Dit is duidelik dat die gebruik om menseoffers te bring, nie van die ware God kom nie en geen deel van ware aanbidding is nie. Menseoffers van enige aard is demonies, en ware aanbidders van God bly weg van enigiets wat met so ’n gebruik verband hou.
Die losprysoffer van Christus Jesus
Maar party vra dalk: ‘Waarom het Jehovah se Wet aan die Israeliete dan diereoffers ingesluit?’ Die apostel Paulus het hierdie selfde vraag geopper en dié antwoord verstrek: “Waarom dan die Wet? Dit is bygevoeg om oortredings openbaar te maak, totdat die saad sou kom aan wie die belofte gemaak is . . . Gevolglik het die Wet ons tugmeester geword wat na Christus gelei het” (Galasiërs 3:19-24). Die diereoffers onder die Mosaïese Wet het ’n groter offerande afgebeeld wat Jehovah God ten behoewe van die mensdom sou voorsien—dié van sy Seun, Jesus Christus. Jesus het na hierdie liefdevolle daad verwys toe hy gesê het: “God het die wêreld so liefgehad dat hy sy enigverwekte Seun gegee het, sodat elkeen wat geloof in hom beoefen, nie vernietig sal word nie maar die ewige lewe kan hê.”—Johannes 3:16.
Uit liefde vir God en die mensdom het Jesus gewillig afstand gedoen van sy volmaakte menselewe as ’n losprys vir Adam se nakomelinge (Romeine 5:12, 15). Jesus het gesê dat “die Seun van die mens gekom het, nie om gedien te word nie, maar om te dien en om sy siel te gee as ’n losprys in ruil vir baie” (Matteus 20:28). Niemand anders op aarde kon mense loskoop van die slawerny aan sonde en die dood waarin Adam hulle verkoop het nie (Psalm 49:7, 8). Paulus het dus verduidelik dat Jesus ‘ingegaan het, nee, nie met die bloed van bokke en van jong bulle nie, maar met sy eie bloed, eens en vir altyd in die heiligdom en ’n ewige verlossing vir ons verkry het’ (Hebreërs 9:12). Deur Jesus se offerbloed te aanvaar, het God “die handgeskrewe dokument teen ons uitgewis”. Dit wil sê, Jehovah het die Wetsverbond, met sy vereiste offers en offerandes, tersyde gestel en sodoende ‘die gawe van die ewige lewe’ ingebring.—Kolossense 2:14; Romeine 6:23.
Geestelike offerandes en offers
Word daar vandag dan nog enige offerandes van ons vereis, aangesien diere- en ander offers nie meer deel van ware aanbidding is nie? Ja, beslis. Jesus Christus het in sy diens aan God ’n lewe van opoffering gelei en homself uiteindelik ten behoewe van die mensdom geoffer. Gevolglik het hy gesê: “As iemand agter my aan wil kom, laat hy homself verloën en sy folterpaal opneem en my voortdurend volg” (Matteus 16:24). Dit beteken dat enigiemand wat Jesus se volgeling wil word, sekere opofferings moet maak. Watter opofferings?
Om maar een ding te noem, ’n ware volgeling van Christus lewe nie meer vir homself nie, maar lewe om God se wil te doen. Hy Romeine 12:1, 2.
onderwerp sy persoonlike wil en begeertes aan dié van God. Let op hoe die apostel Paulus dit gestel het: “Ek [versoek] julle dringend op grond van die medelye van God, broers, om julle liggaam aan te bied as ’n offerande wat lewend, heilig en vir God aanneemlik is, ’n heilige diens met julle denkvermoë. En moenie langer na hierdie stelsel van dinge gevorm word nie, maar word verander deur julle verstand te hervorm, dat julle kan seker maak wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is.”—Verder toon die Bybel dat ons lofbetuigings beskou kan word as offerandes wat aan Jehovah gebring word. Die profeet Hosea het die uitdrukking “die jong bulle van ons lippe” gebruik, wat toon dat God die lof van ons lippe as een van die beste offerandes beskou (Hosea 14:2). Die apostel Paulus het die Hebreeuse Christene aangespoor: “[Bring] aan God ’n lofoffer . . . , dit wil sê die vrug van die lippe wat sy naam in die openbaar bekend maak” (Hebreërs 13:15). Vandag bly Jehovah se Getuies baie besig deur die goeie nuus te verkondig en dissipels van mense van al die nasies te maak (Matteus 24:14; 28:19, 20). Hulle bring dag en nag regoor die aarde lofoffers aan God.—Openbaring 7:15.
Benewens die predikingswerk sluit die offerandes wat God behaag, ook in dat ons goed doen aan ander. “Moet . . . nie vergeet om goed te doen en mededeelsaam te wees nie”, het Paulus gemaan, “want sulke offerandes is vir God welbehaaglik” (Hebreërs 13:16). Trouens, lofoffers sal God slegs behaag as dié wat dit bring, goeie gedrag handhaaf. Paulus het gemaan: “Gedra julle net op ’n wyse wat die goeie nuus oor die Christus waardig is.”—Filippense 1:27; Jesaja 52:11.
Soos in die verlede, sal alle offerandes wat ter ondersteuning van ware aanbidding gebring word, groot vreugde verskaf en seëninge van Jehovah meebring. Laat ons dan ons bes doen om offerandes te bring wat God werklik behaag!
[Prent op bladsy 18]
“Hulle seuns en hulle dogters [het] hulle aan die afgode van Kanaän geoffer”
[Prente op bladsy 20]
Deur die goeie nuus te verkondig en op ander maniere behulpsaam te wees, bring ware Christene offerandes wat God behaag