Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Gestremd—maar gretig om te dien

Gestremd—maar gretig om te dien

Gestremd—maar gretig om te dien

WANNEER ’n mens Leonardo die eerste keer ontmoet, sal jy moontlik nie dink dat hy op ’n bouterrein kan werk nie. Hy het vroeër albei sy hande in ’n werkverwante ongeluk verloor. Maar ten spyte van sy gestremdheid het Leonardo hard gewerk op ’n bouterrein in Acajutla, El Salvador, soos jy op die foto kan sien.

Om aan hierdie bouprojek deel te neem, het Leonardo sy eie gereedskap ontwerp. Hy steek sy regtervoorarm deur ’n metaalring wat aan ’n graaf vasgeheg is en skep ewe behendig rommel in ’n kruiwa in. Hy het ringe aan die kruiwa se handvatsels geheg sodat hy self die kruiwa kon stoot. Wat het hom beweeg om aan hierdie projek deel te neem?

Leonardo wou help met die bou van ’n Koninkryksaal, of plek van aanbidding vir die plaaslike gemeente van Jehovah se Getuies. Hy het baie redes gehad om nie aan die bouwerk deel te neem nie. Hy het ’n voltydse werk, is gestremd en dien reeds as ’n bedieningskneg in sy gemeente. Maar hy wou doen wat hy kon om God ook op die bouterrein te dien.

Het jy dieselfde gees wat jou diens aan God betref? Leonardo het nie sy gestremdheid as ’n verskoning gebruik nie, maar het eerder sy verstandelike vermoëns gebruik om sy eie gereedskap te ontwerp sodat hy die werk kon doen wat andersins vir hom onmoontlik sou gewees het. Hy het God ‘met sy hele verstand’ gedien (Matteus 22:37). Hetsy gestremd of nie, die werkers wat help om Koninkryksale van Jehovah se Getuies regoor die wêreld te bou, het ’n vrywillige gees. Die publiek is welkom by hulle vergaderinge, en ons nooi jou uit om dit by te woon.