Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Waarom, Here, het u stilgebly?”

“Waarom, Here, het u stilgebly?”

“Waarom, Here, het u stilgebly?”

DIT was die woorde van pous Benedictus XVI, wat op 28 Mei 2006 die voormalige konsentrasiekamp by Auschwitz, Pole, besoek het. By die plek waar die Nazi’s honderdduisende Jode en ander mense doodgemaak het, het hy bygevoeg: “Hoeveel vrae ontstaan daar tog in hierdie plek! Voortdurend kom die vraag op: Waar was God gedurende daardie dae? Waarom het hy stilgebly? Hoe kon hy hierdie eindelose slagting, hierdie oorwinning van kwaad, toelaat? . . . Ons moet aanhou om nederig, maar onophoudelik tot God uit te roep: Tree op! Moenie die mensdom, u skepping, vergeet nie!”

Die Pous se toespraak het lewendige reaksies uitgelok. Party het betekenisvolle leemtes bespeur, soos die feit dat hy niks gesê het oor die anti-Semitisme wat verbind is met die gruweldade by Auschwitz nie. Ander het uit sy woorde afgelei dat hy pous Johannes-Paulus II se versoek om vergifnis van die sondes wat die kerk gepleeg het, op die agtergrond probeer skuif het. ’n Katolieke joernalis, Filippo Gentiloni, het gesê: “Dit was egter logies dat baie kommentators, toe hulle te staan gekom het voor die moeilike vraag aangaande waar God was—’n vraag sonder ’n antwoord—eerder ’n antwoord wou hê op die makliker vraag: Waar was Pius XII?” Die kommentators het verwys na pous Pius XII se stilswye gedurende die Nazi-slagting.

Die Nazi-slagting en al die ander volksmoorde wat deur die mensegeskiedenis heen plaasgevind het, bewys dat “die mens oor die mens geheers het tot sy nadeel” (Prediker 8:9). Wat meer is, die mens se Skepper het nie stilgebly te midde van al die wreedheid nie. Deur middel van die bladsye van die Bybel het hy sy redes geopenbaar waarom hy goddeloosheid toelaat. God verseker ons ook dat hy die mensdom nie vergeet het nie. Trouens, die tydperk waartydens God die mens toelaat om oor homself te heers, sal binnekort tot ’n einde kom (Jeremia 10:23). Wil jy graag meer weet omtrent God se voorneme vir ons? Jehovah se Getuies sal jou met graagte help om te sien wat die Bybel se antwoord is op die vrae waarop pous Benedictus XVI geen antwoord gehad het nie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Oświęcim Museum