“Ken jy God by name?”
“Ken jy God by name?”
HIERDIE vraag het die belangstelling gewek van ’n vrou in die suidwestelike deel van Sentraal-Asië. Die vraag het op die voorblad van die Ontwaak!, ons medetydskrif, van 22 Januarie 2004 verskyn. Die vrou het aan die uitgewers geskryf: “Julle tydskrif het onmiddellik my belangstelling gewek, en dit het my gehelp om op goeie waardes te konsentreer. My beskouing van die lewe word al hoe positiewer. Ek vertel almal van ons God en die vrede wat hierdie kennis meebring.”
Op baie plekke, trouens “tot in die mees afgeleë deel van die aarde”, leer mense die goddelike naam, Jehovah, ken (Handelinge 1:8). Byvoorbeeld, in Turkmeens kan hierdie naam, Yehowa, geredelik gevind word in die Turkmeense vertaling van die Heilige Skrif. Psalm 8:1 sê: “Jehovah ons Here, hoe majestueus is u naam tog op die ganse aarde!”
Die vrou wou meer van Jehovah God leer en het ’n eksemplaar aangevra van die brosjure met 32 bladsye, Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan. Vra gerus een van Jehovah se Getuies om ook vir jou hierdie brosjure te gee.