Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Is God se oë op jou?

Is God se oë op jou?

Is God se oë op jou?

HET Jehovah, die Meesterskepper, die vermoë om te sien? Natuurlik het hy! Die Bybel sê duidelik: “Kan Hy wat die oog vorm, nie kyk nie?” (Psalm 94:9). Jehovah se sig is ver verhewe bo dié van mense. Hy sien nie net ons uiterlike nie, maar is ook “die ondersoeker van harte”, en hy kan ‘harte toets’ (Spreuke 17:3; 21:2). Ja, hy het die vermoë om ons denke, beweegredes en diepste begeertes te beoordeel.

Jehovah is bewus van die probleme wat ons in die lewe ondervind, en hy gee gehoor aan ons smekinge. Die psalmis het geskryf: “Die oë van Jehovah is op die regverdiges, en sy ore is tot hulle hulpgeroep. Jehovah is naby die gebrokenes van hart; en die verbryseldes van gees red hy” (Psalm 34:15, 18). Hoe vertroostend is dit tog om te weet dat Jehovah ons omstandighede verstaan en ag gee op ons hartgrondige smeekbedes!

Jehovah God weet watter werke selfs in algehele duisternis gedoen word. Ja, “alles lê naak en oop en bloot voor die oë van hom aan wie ons rekenskap moet gee” (Hebreërs 4:13). Hetsy ons dade dus goed of sleg is, God sien elkeen daarvan (Spreuke 15:3). Genesis 6:8, 9 sê byvoorbeeld dat “Noag . . . guns in die oë van Jehovah gevind” het en dat hy “met die ware God gewandel” het. Ja, Noag het Jehovah se goedkeuring en seën gehad omdat hy gehoorsaam was en by God se regverdige beginsels gebly het (Genesis 6:22). Die mense van Noag se dag daarenteen was gewelddadig en verdorwe. God was nie blind vir hierdie situasie nie. Hy het “gesien dat die slegtheid van die mens oorvloedig op die aarde was en dat elke neiging van die gedagtes van sy hart die hele tyd net sleg was”. Jehovah het die goddeloses uiteindelik vernietig, maar Noag en sy gesin behoue laat bly.—Genesis 6:5; 7:23.

Sal Jehovah jou gunstig aansien? Voorwaar, die oë van Jehovah “deurloop die hele aarde om sy krag te toon ten behoewe van dié wie se hart volkome teenoor hom is” (2 Kronieke 16:9). Hy sal binnekort weer al die goddeloses van die aarde af verwyder en die sagmoediges verlos.—Psalm 37:10, 11.