Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy dit geniet om onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

• Op watter vier maniere gebruik die Christelike Griekse Geskrifte die woord “gemeente”?

Die hoofbetekenis daarvan is die saamgestelde groep gesalfde Christene (in sommige tekste sluit dit Christus in). Ander kere is “die gemeente van God” van toepassing op alle Christene wat op ’n spesifieke tyd lewe. ’n Derde toepassing is op alle Christene in ’n geografiese gebied. Laastens kan die term toegepas word op diegene wat ’n plaaslike gemeente uitmaak.—4/15, bladsye 21-3.

• Wanneer eindig die roeping van Christene tot die hemelse hoop?

Die Bybel gee nie ’n presiese antwoord nie. Daardie roeping het in 33 G.J. begin en tot in hedendaagse tye voortgeduur. Ná 1935 het die vernaamste oogmerk van die dissipelmaakwerk die insameling van die groot menigte geword. Party wat ná 1935 gedoop is, het getuienis deur middel van die heilige gees ontvang dat hulle die hemelse hoop het, en daarom kan ons nie ’n spesifieke datum stel vir wanneer die roeping eindig nie. Ware gesalfdes het nie meer van God se gees as ander nie, en hulle verwag ook nie spesiale behandeling nie. Christene moet, ongeag hulle hoop, getrou wees en God se wil bly doen.—5/1, bladsye 30-1.

• Was Jefta, toe hy sy gelofte gemaak het, bereid om sy dogter as ’n brandoffer aan God te bring?

Nee. Jefta het bedoel dat hy die een wat hom sou tegemoetkom, aan die uitsluitlike diens van God sal wy, ’n voorsiening van die Mosaïese Wet (1 Samuel 2:22). Ter vervulling van die gelofte het Jefta se dogter by die tabernakel bly dien, ’n groot opoffering omdat dit beteken het dat sy nooit sou trou nie.—5/15, bladsye 9-10.

• Watter rol het die kodeks gespeel in die vroeë Christelike godsdiens?

Dit wil voorkom of Christene ten minste tot die einde van die eerste eeu G.J. hoofsaaklik die boekrol gebruik het. Gedurende die volgende eeu was daar ’n stryd tussen voorstanders van die kodeks en dié van die boekrol. Deskundiges glo dat die Christene se gebruik van die kodeks ’n belangrike rol gespeel het in die wydverspreide aanvaarding daarvan.—6/1, bladsye 14-15.

• Wat is die Kalender van Geser?

Dit is ’n klein kalksteentablet wat in 1908 ontdek is by die ligging van die stad Geser. Baie dink dat ’n skoolseun die tablet geskryf het as deel van sy huiswerk. Die tablet sit ’n vereenvoudigde weergawe uiteen van ’n landboujaar, of -siklus, wat begin met die insameling in die maand wat ooreenkom met September/Oktober, en dit meld verskeie landbouprodukte en -bedrywighede.—6/15, bladsy 8.

• Wat beteken dit om teen die heilige gees te sondig?

it is moontlik om teen Jehovah se heilige gees te sondig, ’n sonde wat nie vergewe sal word nie (Matteus 12:31). God besluit of ons ’n onvergeeflike sonde gepleeg het, en hy kan sy gees van ons onttrek (Psalm 51:11). As ons diep bedroef is oor ’n sonde, is ons heel waarskynlik opreg berouvol en het ons dus nie teen die gees gesondig nie.—7/15, bladsye 16-17.

• Waarom het koning Saul gevra wie se seun Dawid is, hoewel hy vroeër handelinge met Dawid gehad het? (1 Samuel 16:22; 17:58).

Saul het nie net daarin belanggestel om te weet wat die naam van Dawid se vader is nie. Aangesien hy Dawid gesien het as iemand met groot geloof en moed wat Goliat pas tevore verslaan het, wou Saul weet watter soort man so ’n seun grootgemaak het. Saul het dit dalk oorweeg om Isai of ander lede van sy familie by die leër te voeg.—8/1, bladsy 31.