Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Goddeloosheid—Waarom laat God dit toe?

Goddeloosheid—Waarom laat God dit toe?

GoddeloosheidWaarom laat God dit toe?

JY HOEF nie ver te soek om te sien dat boosheid en lyding oral voorkom nie. Oorloë eis die lewens van burgerlikes sowel as soldate. Misdaad en geweld is iets alledaags. Dalk was jy onlangs die slagoffer van vooroordeel of onregverdigheid. In die lig van wat jy al gesien en ondervind het, het jy heel moontlik gevra: ‘Waarom laat God goddeloosheid toe?’

Dit is nie die eerste keer dat hierdie vraag gevra word nie. Ongeveer 3 600 jaar gelede het ’n lojale kneg van God genaamd Job gevra: “Waarom bly die goddeloses lewe?” (Job 21:7). Die profeet Jeremia, wat in die sewende eeu v.G.J. gelewe het, was ontsteld oor die bose dade van sy volksgenote en het gevra: “Waarom is dit dat die weg van die goddeloses op sukses uitgeloop het, dat almal wat verraderlik optree, die onbesorgdes is?” (Jeremia 12:1). Job en Jeremia het albei geweet dat Jehovah regverdig is. Maar hulle het gewonder waarom daar soveel goddeloosheid is. Dalk het jy ook al hieroor gewonder.

Sommige mense gee God die skuld vir goddeloosheid en lyding. Ander wonder: ‘As God almagtig, regverdig en liefdevol is, waarom bring hy nie ’n einde aan boosheid en lyding nie? Waarom het hy toegelaat dat boosheid tot in ons dag voortduur?’ Die volgende artikel bespreek antwoorde op hierdie en ander belangrike vrae.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

AP Photo/Adam Butler