Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die uitdaging om nederig te wees

Die uitdaging om nederig te wees

Die uitdaging om nederig te wees

DIT lyk miskien vir baie mense of daar in vandag se wêreld geen plek vir nederigheid is nie. Die mense wat in die kollig is en wat blykbaar die suksesvolste is, is diegene wat hulleself verheerlik, wat trots is en wat daarop aandring om hulle sin te kry. Mense oor die algemeen beny die lewenstyl van die rykes en beroemdes, nie die nederiges en sagmoediges nie. Diegene wat suksesvol is, spog gewoonlik graag dat hulle hulle vooruitgang aan hulleself te danke het. Hulle is allesbehalwe nederig en eien hulle gewoonlik alle eer vir hulle sukses toe.

’n Kanadese navorser het gepraat van die “ontstaan van ’n ‘alles oor my’-gesindheid” in sy land. Ander voel dat ons in ’n samelewing lewe waarin selfbevrediging belangriker is as verantwoordelikheid en sien dat mense vandag al hoe meer egosentries word. In so ’n wêreld lyk nederigheid dalk nie baie gewens nie.

Min sal natuurlik daarteen stry dat nederigheid goed is vir ander, aangesien dit maklik is om met mense oor die weg te kom wat nie aanmatigend is nie. Maar in ons mededingende wêreld vrees party dat ander mense hulle as ’n swakkeling sal beskou as hulle nederigheid aan die dag lê.

God se Woord, die Bybel, het voorspel dat mense in ons tyd “aanmatigend, hoogmoedig” sal wees (2 Timoteus 3:1, 2). Stem jy nie saam dat hierdie profesie vervul word nie? Sien jy enige nut daarin om nederig te wees? Of dink jy dat ’n nederige persoon as ’n swakkeling beskou sal word, as iemand wat maklik uitgebuit kan word?

Die feit is dat die Bybel goeie redes verstrek waarom ons waarde moet heg aan nederigheid en dit moet aankweek. Dit bied ’n gebalanseerde en positiewe beskouing van die eienskap en toon dat ware nederigheid ’n teken van krag is, nie van swakheid nie. Die volgende artikel sal verduidelik waarom.

[Prent op bladsy 32]

Hoe moet ons oor ons prestasies voel?