Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Gryp jy geleenthede aan om ander van jou oortuigings te vertel?

Gryp jy geleenthede aan om ander van jou oortuigings te vertel?

Gryp jy geleenthede aan om ander van jou oortuigings te vertel?

“BESTAAN daar absolute waarheid?” Dit was die onderwerp van ’n landwye opstelkompetisie in Pole. Die instruksies vir die opstel het gesê: “Ons het nie absolute waarheid nodig nie. Niemand het dit nodig nie. Daar bestaan in elk geval nie iets soos absolute waarheid nie.” Agata, ’n 15-jarige hoërskoolleerder en een van Jehovah se Getuies, het besluit om hierdie geleentheid te gebruik om ander van haar godsdiensoortuigings te vertel.

Ter voorbereiding vir die opstel het Agata eers Jehovah se leiding gevra en toe materiaal oor die onderwerp begin versamel. Sy het inligting daaroor in Die Wagtoring van 1 Julie 1995 gevind. Sy het die vraag aangehaal wat Pontius Pilatus vir Jesus gevra het: “Wat is waarheid?” (Johannes 18:38). Hierdie vraag, het sy gesê, het ’n siniese gesindheid weerspieël, asof dit geïmpliseer het: ‘Waarheid? Wat is dit? Daar bestaan nie so iets nie!’ “Pilatus se vraag”, het Agata geskryf, “herinner my aan die instruksies vir die opstel.”

Daarna het sy die ontwikkeling van relativisme bespreek—die idee dat wat vir een persoon waar is, dalk nie vir ’n ander is nie en dat albei moontlik “reg” is. Sy het vrae gevra soos: “Wie van ons sou dit waag om in ’n vliegtuig te klim as ons gemeen het dat die wette van aërodinamika nie absolute waarhede is nie?” Toe het sy na die Bybel verwys en gesê: “Vertroue op God se Woord is stewig gegrond op bewysbare feite.” Sy het die hoop uitgespreek dat dié wat opreg na absolute waarheid soek, genoeg geduld sal hê om dit te vind.

Agata het ’n spesiale diploma ontvang en sy het die geleentheid gekry om ’n aanbieding voor die hele klas te doen. ’n Hele paar van haar skoolmaats het haar aanbod van ’n Bybelstudie aanvaar. Agata is bly dat sy hierdie geleentheid gebruik het om vir baie ander van haar oortuigings te vertel. Ja, as ’n mens op die uitkyk is na geleenthede om oor jou geloof te praat, kan dit vrugte afwerp. Watter geleenthede kan jy aangryp?