Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Aanvaar asseblief my nederige geskenk”

“Aanvaar asseblief my nederige geskenk”

“Aanvaar asseblief my nederige geskenk”

HIERDIE woorde het in ’n brief verskyn wat deur die takkantoor van Jehovah se Getuies in Rusland ontvang is. ’n Groot boks vol wolkouse is saam met die brief gestuur.

Die geskenk is gestuur deur 67-jarige Alla, een van Jehovah se Getuies in ’n gemeente in die verre ooste van Rusland. Alla dien Jehovah al meer as tien jaar lank en verkondig ywerig die goeie nuus van die Koninkryk. Maar ’n beroerte het haar onverwags gedeeltelik verlam gelaat. Alla is egter deur liefde beweeg om ’n soortgelyke weg te volg as die eerste-eeuse Christenvrou Dorkas, wat klere vir medegelowiges gemaak het.—Handelinge 9:36, 39.

In haar brief het Alla geskryf: “Ek kan nie my bene beweeg nie, maar ek kan nog my hande beweeg. Ek getuig dus deur briewe te skryf.” Sy het bygevoeg: “Ek het besluit dat terwyl ek my hande nog kan gebruik, ek ’n klompie warm kouse sal brei. Ek wil hê dat hierdie kouse vir broers en susters gegee moet word wat Koninkryksale gaan bou op koue plekke, soos in die verre ooste [van Rusland] en Siberië.”

Jesus Christus het aangaande sy ware volgelinge gesê: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Johannes 13:35). Liefde soos dié wat deur Alla betoon is, is ’n kenmerk van Jesus se ware volgelinge.