Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Is wêreldeenheid moontlik?

Is wêreldeenheid moontlik?

Is wêreldeenheid moontlik?

IS ONS wêreld op die drumpel van vrede of op die randjie van rampspoed? Dit lyk of daar gronde is vir albei sienings.

Aan die een kant praat sommige wêreldleiers met oortuiging van wêreldvrede as ’n bereikbare doelwit—dalk omdat die alternatiewe te skrikwekkend is om aan te dink. Aan die ander kant laat vrae soos die volgende baie mense sidder: Watter nasies het wapens vir massavernietiging? Sal hulle sover gaan om dit te gebruik? Wat sal gebeur as hulle dit doen?

Die geskiedenis toon dat wedywering en vooroordeel lank reeds in die weg staan van enige hoop op eenheid, en godsdiens het dikwels baie gedoen om die vlamme van konflik aan te blaas pleks van dit te blus. “Enigiets wat mense verdeel, kan vyandigheid laat ontstaan, en godsdiens is een van die kragtigste verdelers”, skryf die joernalis James A. Haught. “Ondanks die universele mening dat godsdiens mense ‘goed’ maak, is dit duidelik dat dit sommige mense grusame dade laat pleeg.” Die skrywer Steven Weinberg huldig ’n soortgelyke mening. “Vir goeie mense om bose dinge te doen”, skryf hy, “is godsdiens nodig.”

Is daar enige hoop dat ons wêreld ooit verenig sal wees? Ja! Maar die bron van wêreldeenheid is nie die mens of mensgemaakte godsdienste nie, soos ons sal sien.

[Lokteks op bladsy 3]

Is die wêreld soos ’n handgranaat wat gereed is om te ontplof?